SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BASSON, Maylene  e  LE CORDEUR, Michael. Die bevordering van woordeskat en leesbegrip by Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4-6 in Afrikaanse skole. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.377-390. ISSN 2224-7912.

Die uitslae van die Jaarlikse Nasionale Assesseringstoeste toon dat slegs 28% van alle leerders in Suid-Afrika op ' n aanvaarbare internasionale vlak presteer het. Die probleem word verder vererger deurdat Xhosasprekende ouers hul demokratiese reg om hul kinders by Engelse skole in te skryf, uitoefen. Die doel van hierdie studie was om 'n geletterdheidsintervensieprogram te ontwikkel wat 'n verbetering kan bring in die woordeskat en leesbegrip van Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4 tot 6-Afrikaansmediumklasse. Tweedens wou die studie vasstel of die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram wel 'n verbetering in die genoemde Xhosa-moedertaalsprekers se woordeskat en leesbegrip tot gevolg gehad het. Die navorsingsmetode wat gevolg is, was 'n literatuurondersoek gerugsteun deur 'n empiriese ondersoek wat voor- en na-toetse met leerders asook onderhoude met opvoeders ingesluit het. Die teoretiese begronding van die studie het berus op Piaget se teorie van kognitiewe ontwikkeling sowel as Vygotsky se sosiaal-konstruktivistiese taalverwerwingsteorie. Die studie het die kommunikatiewe benadering, gedeelde lees-benadering en die skema-teorie tot tweedetaalverwerwing ondersoek. Die resultate van die ondersoek dui aan dat die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram kan lei tot 'n verbetering in die Xhosa-moedertaalsprekers wat by hierdie studie betrek is, se woordeskat en leesbegrip.

Palavras-chave : geletterdheid; intervensieprogram; moedertaal; woordeskat; leesbegrip; skemata; voor- en natoetse.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons