SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4The differences between the Netherlands and Flanders with respect to South Africa during the apartheid era: an analysisA critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and Arts índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DE BEER, Fanie. Wat het intussen van gees geword? Enkele oefeninge in die onmoontlike. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.497-514. ISSN 2224-7912.

    In hierdie artikel word besin oor die lotgevalle van gees, geestelikheid en die geestelike soos dit oor eeue heen beslag gekry het. Die vanselfsprekendheid van gees en die aanvaarde manifestasies van gees in individuele en sosiale situasies was eeue lank die mees natuurlike houding. Hierna volg prosesse van despiritualisering wat lei tot die verdwyning, aftakeling, ontkragting, verplasing en vyandige vernietiging van gees. Die gewisse moontlikheid van katastrofale en nie onverwante barbaarse en in meer as een opsig vernietigende gevolge vir mens en samelewing, wat selfs die verdwyning van die mensheid mag behels, word geïdentifiseer. Hierdie besinning lei tot 'n hernieude besef, wat al hoe meer veld wen en bevorder word, dat gees tot ontwaking behoort te kom, herinventeer moet word vir huidige situasies en die hedendaagse wêreld volgens bepaalde denkmatige benaderingswyses, tot by die punt dat dit die mensheid van baie leed en selfs ondergang kan red en vrywaar, met die volle verwagting dat 'n nuwe toekoms blootgelê mag word.

    Palavras-chave : gees; katastrofe; barbarisme; invensie; toekoms.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )