SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysisSustainability reporting in the mining sector: identifying critical issues índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    GELEYN, Tim  e  COLLEMAN, Timothy. De progressieve constructies bezig zijn en besig wees Een contrastief corpusonderzoek Nederlands -Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.56-74. ISSN 2224-7912.

    In hierdie artikel word die perifrastiese progressiewe konstruksies bezig zijn (om) + te-infinitief en besig wees om + te-infinitief met mekaar vergelyk. Daar word aangetoon dat enkele tipiese fenomene wat met grammatikalisasie gepaardgaan, baie duideliker van toepassing is op die Afrikaanse besig-konstruksie as op die Nederlandse bezig-konstruksie. Sodoende kan aangeneem word dat besig in Afrikaans baie sterker gegrammatikaliseerd is as die Nederlandse bezig. Aan die hand van korpusdata, saamgestel uit ses Nederlandse en twee Afrikaanse koerante, word aangetoon dat die Afrikaanse besig meer gereeld in 'n progressiewe konstruksie gebruik word as die Nederlandse bezig. Daarnaas is die Afrikaanse konstruksie semanties breër toepasbaar (host-class expansion, Himmelmann 2004), in die sin dat die konstruksie frekwent voorkom saam met niehandelingswerkwoorde en niewilskragtige subjekte, wat strydig is met die oorspronklike aktiwiteitsbetekenis van die adjektief besig. Dit kan as betekenisverbleking gesien word.

    Palavras-chave : Dutch; Afrikaans; corpus linguistics; progressive aspect; bezig; besig; grammaticalization; host-class expansion.

            · resumo em Holandês | Inglês     · texto em Holandês     · Holandês ( pdf )