SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1The perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ROSSOUW, Jannie; JOUBERT, Fanie  e  BREYTENBACH, Adèle. Suid-Afrika se fiskale afgrond: 'n Blik op die aanwending van owerheidshulpbronne1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.144-162. ISSN 2224-7912.

Die artikel ontleed sekere aspekte van die Suid-Afrikaanse owerheid se inkome en besteding sedert 2008. Die frase "fiskale afgrond" is 'n vrye vertaling van "fiscal cliff' wat in die Verenigde State van Amerika (VSA) gebruik word. Die betekenis in hierdie artikel verskil egter van die Amerikaanse betekenis. In die geval van die VSA dui dit op 'n plafon op staatskuld en lenings-kapasiteit van die regering, terwyl die betekenis in hierdie geval verband hou met die vermoë van owerheidsinkome om stygende owerheidsuitgawes te dek. Die ontleding van belastinginkome toon dat 'n betreklik klein aantal individue persoonlike belasting betaal. Ander vorms van verbruikersbelasting, byvoorbeeld belasting op toegevoegde waarde (BTW) word egter deur bykans alle verbruikers betaal. Die artikel toon aan dat owerheidsbesteding aan sosiale bystand toenemend groei as persentasie van totale owerheidsinkome. Terselfdertyd het die owerheid se vergoedingsrekening skerp toegeneem. Owerheidsinkome word ontleed om vas te stel in watter mate dit eenmalig struktureel verhoog kan word, en wat die verwagte groeitendens oor die volgende aantal jare sal wees. Die gevolgtrekking is dat sosialebystandbetalings en owerheidsvergoeding op 'n peil is waar verdere reële toenames onvolhoubaar en onbekostigbaar is, selfs al word belastings verhoog. Die bevinding is dat Suid-Afrika oor die lang termyn 'n fiskale afgrond in die gesig staar as die huidige neigings voortduur. Daar is nog tyd om hierdie afgrond te vermy, maar dan moet die regering die moed aan die dag lê om drastiese stappe in belang van die land, eerder as in belang van die regerende party te doen.

Palavras-chave : armoede; inkomsteverdeling; belastinglas; belastingverhogings; sosiale besteding; owerheidshulpbronne; owerheidsinkome; owerheidsuitgawes.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons