SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2The constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN WYK, Carel. Ouers se ervaring van deelname aan 'n perdondersteunde ouerleidingsprogram. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.324-340. ISSN 2224-7912.

'n Verskeidenheid terapeutiese programme waarin perde benut word, word deur geestesgesond-heidsterapeute gebruik om die psigososiale funksionering van kliënte te verbeter. Dit blyk egter dat nie al hierdie terapeutiese programme oor 'n navorsingsbasis beskik nie. Navorsing aangaande genoemde programme is dus noodsaaklik, sodat die kliënt op die beste moontlike wyse terapeuties gehelp kan word. Die doel van hierdie studie is derhalwe 'n ondersoek na die subjektiewe belewenisse van kliënte wat aan 'n perd-ondersteunde ouerleidingsprogram deelgeneem het ten einde aanpassings aan die program vir toekomstige gebruik te maak. Die studie kan ook as basis dien vir verdere kwantitatiewe, bewysgebaseerde navorsing. Die kwalitatiewe navorsingsparadigma, met 'n fenomenologiese ontwerp, is in hierdie studie gevolg. 'n Doelbewuste niewaarskyn-likheidsteekproef van ses deelnemers is getrek en data is deur middel van vraelyste met geslote sowel as oopeinde-vrae en semigestruktureerde persoonlike onderhoude ingesamel. Hierna is dit volgens die stappe van beskrywende fenomenologie geanaliseer. Daar is onder andere bevind dat die deelnemers die beginsels van die perd-ondersteunde ouerleidingsprogram begryp het, dat selfinsig en insig in hulle kinders se gedrag en ontwikkelingsfase verhoog het en dat hulle alternatiewe wyses om hulle kinders te hanteer, begin benut het. Die feit dat die program nie op individuele vlak aangebied is nie, is as 'n leemte aangedui. Daar is verder bevind dat die deelnemers die benutting van die perde as waardevol ervaar het en dat hulle perde verkies bo ander lewende of sagte speelgoeddiere.

Palavras-chave : ouerleidingsprogram; ouerskapvaardighede; pleegsorg; kinders met gedragsuitdagings; dier-ondersteunde terapie; perd-ondersteunde terapeutiese program; perd-ondersteunde psigoterapie; fenomenologie; beskrywend fenomenologiese analise.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons