Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.54 no.3 Pretoria Set. 2014
AANKONDIGING
Uitnodiging - Bydraes oor T.T. Cloete
T T Cloete het die mylpaal van 90 jaar op 31 Mei vanjaar bereik. Om hierdie besonderse geleentheid te vier, word beoog om volgende jaar (Junie 2015) bydraes oor Cloete in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe byeen te bring. Die redaksie nooi belangstellendes uit om bydraes voor te lê ter huldiging van Cloete se merkwaardige voortgesette produktiwiteit as denker en digter. Sedert die vorige huldiging vir Cloete in hierdie tydskrif, in Desember 2009, het nog vier publikasies die lig gesien - Uit die wit lig van my land gesny, Onversadig, Die ander een is ek en Karnaval en Lent.
U is welkom om enige aspek van, of enige tydperk in die oeuvre van die digter te belig in óf 'n wetenskaplike (artikel) óf 'n kreatiewe (gedig) bydrae. Laat ons asseblief teen middel Oktober weet of u belang stel om 'n bydrae te lewer en wat die aard daarvan sal wees. Die sperdatum vir inlewering is 15 Februarie 2015, vir oorweging van publikasie in die tydskrif in Junie volgende jaar.
Prof Bernard Odendaal is die gasredakteur en alle navrae moet asseblief aan hom gerig word by Bernard.Odendaal@nwu.ac.za.
Ina Wolfaardt-Gräbe
Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe
Julie 2014