Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
GOUWS, Rufus H.. Wie is die teikengebruikers van eentalige aanleerderwoordeboeke?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.343-355. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A2.
Eentalige aanleerderwoordeboeke is gerig op gebruikers wat 'n vreemde taal aanleer. Die fokus is op hulle behoeftes met betrekking tot die vreemde taal. Die moedertaal van 'n uiteenlopende groep gebruikers word egter nie in aanmerking geneem nie. Hierdie artikel wys daarop dat eentalige aanleerderwoordeboeke aangepas moet word, sodat die verskillende moedertale van verskillende gebruikers 'n invloed op die keuse van aanduiders en die aard van die leksikografiese bewerking sal hê. Daar word daarop gewys dat 'n generiese eentalige aanleerderwoordeboek nie moedertaalsprekers van verskillende tale bevredigend kan help met betrekking tot byvoorbeeld vals vriende, kultuurgebonde leksikale items en met die impak van taalbeïnvloeding en taalversteuring nie. Voorstelle word gemaak vir 'n model waarvolgens sowel gedrukte as aanlyn eentalige aanleerderwoordeboeke 'n sterker gebruikersgerigtheid kan toon. Vir aanlyn woordeboeke word voorgestel dat een databasis geskep moet word waaraan verskillende variante artikels onttrek kan word.
Palavras-chave : aanleerderwoordeboek; aanlyn woordeboek; artikelstruktuur; dataverspreiding; eentalige aanleerderwoordeboek; gebruikersbehoeftes; kultuurgebonde leksikale items; laaistruktuur; taalbeïnvloeding; uitgebreide verpligte mikrostruktuur; vals vriende.