Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
VAN DER MERWE, Petro e JANSEN, Cecelia. 'n Eksploratiewe ondersoek na adolessente se internetgebruik en die identifisering van moontlike risikofaktore ten opsigte van hulle psigososiale welstand. Tydskr. geesteswet. [online]. 2015, vol.55, n.3, pp.490-506. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/V55N3A11.
Nuwe digitale media, soos die internet en selfone, het 'n integrerende deel van adolessente se lewens geword. Die doel van die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, is om te bepaal watter uitwerking adolessente se gebruik van hierdie media op hulle sielkundige welstand en vlak van sosiale aanpassing het. Die betrokke hoofargument is dat kommunikasie deur middel van hierdie media ten koste van belangrike sosiale interaksie in die ware lewe plaasvind - interaksie wat noodsaaklik is om gesonde verhoudings op te bou. Die navorsing dek die mate waartoe Suid-Afrikaanse adolessente besig is met aanlyn bedrywighede wat gevare inhou, in watter mate hulle ouers bewus is daarvan en die gevare kan uitskakel, en die noodsaaklikheid van onderrig in digitalemedia-geletterdheid wat spesifiek klem lê op emosionele intelligensie, 'n voorvereiste vir goeie sosiale aanpassing. Vyf-en-tagtig (85) leerders (13-15 jaar oud) van drie skole in Gauteng Provinsie en hulle ouers het onderskeidelik 'n leerder- en ouervraelys oor die gebruik van nuwe digitale media en tegnologie ingevul. Om 'n verband tussen adolessente se emosionele vaardighede en hulle gedrag in die virtuele wêreld te kan identifiseer, behels 'n groot mate van inligtingvertolking, wat daartoe gelei het dat die studie binne 'n narratiewe kwalitatiewe metodologiese raamwerk uitgevoer is. Die navorsing het aan die lig gebring dat adolessente tans 'n vorm van onderrig nodig het wat hulle emosionele intelligensie bevorder, sodat hulle digitale media kan gebruik om gesonde verhoudings op te bou en te versterk - in sowel die aanlyn wêreld as die werklikheid.
Palavras-chave : adolessensie; internetgebruik; emosionele en interpersoonlike vaardighede; sosiale aanpassing; emosionele intelligensie; digitale media-geletterdheid.