SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ODENDAAL, Gerda. Die rol van die US se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie: Die Nederlands-Afrikaans-stryd gedurende die aanvangsjare. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.1, pp.257-276. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n1a16.

Die studie stel ondersoek in na die rol van die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands in die ontwikkeling van die Afrikaanse leksikografie te midde van 'n fel Nederlands-Afrikaans-stryd in die wordingsjare van die Afrikaanse leksikografie. Daar word eerstens gefokus op die aanvang van die Afrikaanse leksikografie aan die Universiteit Stellenbosch deur die publikasie van Mansvelt se Idioticon. Vervolgens word 'n oorsig gegee oor die spellingstryd tussen die voorstanders van Nederlands, met W.J. Viljoen aan die stuur, en die voorstanders van Afrikaans, onder leiding van J.J. Smith, beide dosente aan die Universiteit Stellenbosch, wat geheers het in die tydperk waarin hierdie universiteit hom as 'n Afrikaanse universiteit onderskei het. Ten slotte word gedui op die voortgesette Nederlands-Afrikaans-stryd soos wat dit in die daaropvolgende jare in die woordeboek vir spesiale doeleindes, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, tot uitdrukking gebring is en die blywende invloed wat die stryd op die Afrikaanse spelling gehad het.

Palavras-chave : Departement Afrikaans en Nederlands; Universiteit Stellenbosch; Afrikaans; Nederlands; leksikografie; taalstryd; Mansvelt; Idioticon; W.J. Viljoen; Vereenvoudigde Nederlandse Spelling; J.J. Smith; Afrikaanse Taalvereniging; Afrikaanse woordelys en spelreëls; Taalkommissie; Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons