SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número4-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MEYER, Susan. Natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem: 'n Ondersoek na Boomkastele: 'n Sprokie vir 'n stadsmens (Schalk Schoombie). Deel 1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2016, vol.56, n.4-2, pp.1200-1212. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a7.

In betreklik onlangse navorsing deur David Barnhill word 'n nuwe benadering tot natuurgesentreerde skryfwerk voorgestel. Sy navorsing dui eerstens aan dat daar in die beskrywing van die aard van natuurgesentreerde skryfwerk hoofsaaklik gesteun word op sisteme van klassifikasie. Barnhill wys egter op nadele in die taksonomie-benadering en stel voor dat 'n spesifieke natuurgesentreerde woordwerk beskou word as 'n ekosisteem. Daarmee word bedoel dat die kategorieë waarin natuurgerigte skryfwerk geplaas word wanneer die taksonomie- benadering gevolg word, veelvoudige elemente word in individuele werke en dat hierdie elemente binne elke teks saam- of op mekaar inwerk, soos die organismes in 'n ekosisteem. In hierdie ondersoek word Barnhill se teoretiese gereedskap in Deel 1 uiteengesit en in Deel 2, wat gepubliseer word in die Maart 2017-uitgawe van die tydskrif, getoets. Schalk Schoombie se debuutroman, Boomkastele: 'n sprokie van 'n stadsmens (2015) word bestudeer vanuit die hipotetiese uitgangspunt dat die teks 'n ekosisteem is ten opsigte van die kenmerkende elemente van natuurgesentreerde skryfwerk daarin.

Palavras-chave : Schalk Schoombie; natuurgesentreerde skryfwerk as ekosisteem; David Barnhill; ekokritiek.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons