SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN SCHALKWYK, Phil. 'n Herevaluering van Eben Venter se Wolf, wolf binne die konteks van sy oeuvre. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-1, pp.412-440. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-1a11.

Gegewe die relatiewe onderwaardering in Suid-Afrika van Eben Venter se jongste roman Wolf, wolf, veral ten opsigte van literêre pryse - wat ook iets van die ontvangs van sy werk oor die algemeen illustreer - word in hierdie artikel gepoog om hierdie roman binne die konteks van Venter se oeuvre te herevalueer. Met verwysing na Julia Kristeva (1980) se essay "From one identity to an other" word aangetoon hoe die spanning tussen die "simboliese" orde van die vader (se taal) en die instinkmatige "semiotiese" aspek van taal in Wolf, wolf uitspeel deur die teleskopering van die verhouding tussen die streng, heteronormatiewe Benjamin Duiker en sy pornografie-verslaafde gay seun Mattheüs, wat hy van jongs af half in- en half uitsluit, en uiteindelik dan ook (ten dele) uit sy testament laat. Daar word voorts ondersoek ingestel na hoe 'n verdere dialektiese relasie wat Kristeva (1980) uitlig, naamlik tussen die nabootsende "retorikus" en die onafhanklike "stilis", in die ontwikkeling van Venter se werk na vore kom, met Wolf, wolf as kulminasiepunt waarin die stilis seëvier. Die wolfmotief is in 'n resensie van Crous (2013) as ongemotiveerd beskryf, maar dís juis die punt: die wolf(motief) as vernaamste manifestasie van die semiotiese in hierdie roman bedreig die orde, ook dié van die roman, en suggereer op ʼn manier wat Foucault (1978) oproep maar ook aan hom verbystreef, dat seksualiteit, of sekere uitdrukkings of aspekte daarvan, uiteindelik dalk nie gereguleer en beheer kan word nie, in praktyk en diskursief - spesifiek in hierdie digitale era. Pornografie as taboe-onderwerp, in samehang met die wolfmotief, markeer dus op ʼn treffende manier die meer algemene tema van in- en uitsluiting wat in hierdie roman op die voorgrond gestel word.

Palavras-chave : Afrikaanse letterkunde; literêre pryse; literêre evaluasie, Eben Venter; Wolf; wolf; vader en seun; Julia Kristeva; simboliese orde; semiotiese; retorikus; stilis; Michel Foucault; seksualiteit; homoseksualiteit; gay; pornografie; diskoers; representasie; presisie; digitaal.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons