SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-2Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DU TOIT-BRITS, Charlene  e  ROODT, Cindy. Onderrigleerfaktore bydraend tot studentetal-slytasie in TBOO-Kolleges. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.2-2, pp.627-648. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a9.

    In Suid-Afrika word TBOO-Kolleges deur diverse aspekte beïnvloed. Die toename in studentegetalle as gevolg van sosiale, politieke, demografiese sowel as ekonomiese veranderinge plaas druk op TBOO-Kolleges om ʼn beter deurvloeisyfer van studente te handhaaf om sodoende ʼn groter potensiële werkskorps aan die landsekonomie te lewer. In die loop van die afgelope twee dekades het ʼn geweldige toename in TBOO-studenteinskrywings voorgekom, en het beroepsonderwys ʼn "landskap van keuse" vir laer sosio-ekonomiese groepe geword aangesien dit ook aan hulle ʼn geleentheid bied om verder te studeer. Met hierdie toename in die studentetal, kan die volgende vrae met reg gestel word: a) Hoeveel van hierdie studente voltooi hul studies suksesvol? En b) wat kan moontlik aangedui word as onderrigleerfaktore wat tot studentetal-slytasie bydra? Om die doel van die studie te bereik, is besluit op ʼn kwalitatiewe gevallestudie. As deel van ʼn gevallestudie is die deelnemers nie in eksperimentele situasies waargeneem nie; semi-gestruktureerde onderhoude is binne die natuurlike omgewing van die deelnemers gevoer. Die navorsers het ook die ondersoek vanuit 'n interpretivistiese paradigma aangepak. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat onderrigleerfaktore wat moontlik aanleiding kan gee tot ʼn afname in die studentetal nie ʼn enkele, geïsoleerde faktor is nie, maar wel ʼn groep samehangende en logies verbandhoudende faktore.

    Palavras-chave : studente; kolleges; studentetal-slytasie; onderrigleerfaktore; akademiese prestasie.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )