SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2-2Gebroke land: armoede in die afrikaanse gemeenskap sedert 1902 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.57 no.2-2 Pretoria Jun. 2017

     

    UITNODIGING

     

    Huldigingsbundels: Afrikaanse skrywers/digters/dramaturge

     

     

    Verskeie letterkundiges het reeds gereageer op die vorige oproep in die TGW (Desember 2016) om voorstelle vir temas vir bogenoemde huldigingsbundels in die boekeprojek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in te dien.

    Die volgende temas met redakteurs is geidentifiseer:

    Adam Small (Jacques van der Elst)

    Elsa Joubert (Martjie Bosman)

    Breyten Breytenbach (Francis Galloway)

    PG du Plessis (Heilna du Plooy)

    Johann de Lange (Daniel Hugo)

    Pieter Fourie (Fanie Olivier)

    Hopelik sal die eerste publikasies in die reeks rondom 2018 kan verskyn. Onderhandelings is reeds aan die gang met 'n vaste uitgewer vir die reeks onder die vaandel van die SA Akademie. 'n Keuse uit Hertzogpryswenners word tans beoog, maar name van ander bekroonde skrywers kan ook voorgelê word.

    Die gasredakteur sal 'n honorarium ontvang en ook 'n begrotingsbedrag om navorsing vir 'n betrokke publikasie te onderneem. Skrywers sal vir gekeurde bydraes vergoed word, maar moet die publikasieregte vir die gekeurde bydrae aan die SA Akademie oordra. Hiermee word dan 'n vriendelike uitnodiging gerig aan belangstellendes om moontlike skrywers / digters / dramaturge wat gehuldig behoort te word aan die keurkomitee voor te lê. Voorstelle vir 'n gasredakteur vir 'n betrokke publikasie word ook ingewag.

    Dit gaan hier om 'n langtermynprojek wat stelselmatig afgehandel sal word na gelang redakteurs daarin slaag om 'n manuskrip te voltooi.

    Nadere besonderhede rakende die huldigingsreeks kan verkry word van die sameroeper van die Spesialiskomitee, Jacques van der Elst (jvde@absamail.co.za of skakel 0828807636).

     

    Ina Wolfaardt-Gräbe

    E-pos: publikasies@akademie.co.za