SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

WILLEMSE, Hein. In jarelange verbondenheid: Adam Small en die Cape Flats Players. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.879-896. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a2.

Adam Small het dikwels verwys na die amateurtoneelgeselskap die Cape Flats Players wat sedert 1972 gereeld sy dramas en revues opgevoer het, veral in die Wes-Kaapse gemeenskappe. Hierdie artikel lewer verslag van die verhouding tussen Small en die toneelgroep, 'n verbintenis waaroor nog nie uitgebreid navorsing gepubliseer is nie. In die stuk Afrikaanse toneelgeskiedenis word aanvanklik die rol van Dramsoc, die studentetoneelgroep van die Universiteit van Wes-Kaapland, die onmiddellike voorganger van die Cape Flats Players, beskryf met die fokus op die eerste Kaapse opvoering van Kanna hy kô hystoe in Augustus 1972. Daarna word die rigtende invloede van onder meer swartbewustheid belig wat die toneelgeselskap gevorm het, gevolg deur 'n beskrywing van die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die bedanking van Small as universiteitsdosent en regstreeks gelei het tot die ontstaan van die Players. Die artikel word afgesluit met 'n kort oorsig van die groep se aktiwiteite en hul verskillende gehore.

Palavras-chave : Adam Small; Afrikaanse amateurtoneel; Cape Flats Players; Joanie Galant-hulle; Kanna hy kô hystoe; Peter Braaf; studentemilitansie; swartbewustheid; toneelgeskiedenis; Universiteit van Wes-Kaapland.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons