SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MOEN, Melanie  e  BEZUIDENHOUT, Christiaan. Familiemoord gepleeg deur kinders: 'n Gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2017, vol.57, n.4, pp.990-1002. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n4a8.

Die Suid-Afrikaanse samelewing word as gewelddadig beskou, met 'n gemiddelde nasionale moordsyfer wat beduidend hoër is as in die res van die wêreld. Die familie is ʼn kernsisteem binne die breëre gemeenskap en word tradisioneel as 'n veilige sisteem beskou. Die realiteit is egter dat 'n groot persentasie moorde in Suid-Afrika deur 'n kennis, familielid of lid van 'n huishouding gepleeg word. Die doel van die artikel was om die kind as 'n persoon wat familiemoord pleeg, beter te verstaan. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gevolg en kwalitatiewe inhoudsontleding is vir data-analise gebruik. Die geval wat in hierdie artikel bespreek word om die tipiese kenmerke te illustreer van kinders wat familiemoord pleeg, het deel uitgemaak van ʼn PhD-studie in opvoedkundige sielkunde. Alhoewel elke geval van familiemoord tot ʼn mate uniek is, is daar wel kenmerke wat in die meerderheid gevalle voorkom en tot dieper insigte rakende die fenomeen kan bydra. Kenmerke wat dikwels voorkom, dui op ʼn swak (of geen) band met die primêre sorggewer. Geborge huislike omstandighede ontbreek oorwegend en die kind se emosionele behoeftes word grotendeels misken. Die akkumulatiewe stressors lei dikwels tot gevoelens en persepsies van verwerping. Verlies word nie altyd toereikend hanteer nie. Gesinswanfunksionering, wat mishandeling en ekstreme ouerskapstyle insluit, is opvallend. Akkumulatiewe stressors het dikwels gevoelens van angs en onderliggende aggressie tot gevolg. Die akkumulatiewe individuele en sistemiese gebeure vind oor jare plaas en lei daartoe dat die kind uiteindelik moord pleeg.

Palavras-chave : familiemoord; kinders; etiologiese faktore; gesinswanfunksionering; binding; verwerping; mishandeling; angs; aggressie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons