SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

RABE, Lizette. 'n Gevallestudie: 'n Mediahistoriografiese verkenning van 'n vroeë rubriek en 'n latere effekteorie-uitspraak. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-1, pp.809-825. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a12.

In hierdie artikel, in die vorm van 'n gevallestudie, verken ek 'n vroeë rubriek uit die 1920's in 'n Afrikanernasionale dagblad vanuit 'n mediahistoriografiese vertrekpunt teenoor 'n veel latere uitspraak wat uit die kognitiewe effekteorie-paradigma stam. Die rubriek heet "Oom Izak van Kaapstad" en het in Die Burger verskyn. Ongeveer sewentig jaar later is die Afrikaanse media beoordeel as ongetwyfeld die kognitiewe bestuurders ("mind managers") van Afrikaners vanuit die konteks van effekteorieë wat handel oor die rol en die mag van die media. Die vertrekpunt van die artikel word binne die veld van die mediahistoriografie gebaseer in 'n poging om dié onderbestudeerde vakwetenskaplike subgenre aan te vul. Ten eerste word dus 'n bespreking van mediahistoriografie aangebied om die onderwerp deeglik in te bed in die veld, waarop 'n bespreking van kognitiewe effekteorie volg wat die rol en die mag van die media voorhou. Laasgenoemde word aangevul met 'n bespreking rondom "kognitiewe denke" vanuit die perspektief van die kultuursosiologie. Die gevallestudie-benadering as navorsingsontwerp word kortliks saam met die metodologie bespreek. Daarop volg as deel van die mediahistoriese begronding van die artikel, en om die nodige konteks te bied, 'n bespreking van die bepaalde koerant en sy maatskappy se posisie en invloed in die maatskaplike milieu van die Afrikaner, wat inderdaad dekades later sou lei tot die beskouing dat die Afrikaanse media inderdaad kognitiewe bestuurders is. Vervolgens kom die rubriek en sy skrywer self aan bod. Ten slotte word vanuit hierdie mediahistoriografiese verkenning voorgestel dat dié vroeë Afrikaanse rubriek inderdaad as "effek" gesien kan word waarop die latere uitspraak rondom die Afrikaanse media as kognitiewe bestuurders gemaak kon word.

Palavras-chave : Afrikanernasionalisme; agendastelling; Die Burger; gevallestudie; historiografie; kognitiewe effekteorie; "mind manager"; Nasionale Pers; raming; rubriek.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons