SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número4-2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

STEYN, Francois. Om na uitbuiting toe te vlug: Die geval van immigrante wat as motorwagte werk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2018, vol.58, n.4-2, pp.925-939. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-2a4.

'n Groot getal immigrante steek jaarliks Suid-Afrika se grense oor, hetsy wettig of onwettig, op soek na werksgeleenthede. Sonder die nodige dokumentasie word talle immigrante genoodsaak om hulle tot die informele ekonomie te wend waar arbeid nie na behore gereguleer word nie en werkers uitgebuit kan word. Die praktyk waar mense teen 'n fooitjie na voertuie op winkelsentrums se parkeerterreine omsien, is kenmerkend van Suid-Afrika se stedelike landskap. Motoroppas spruit uit die land se hoë misdaadvlakke en die vrees vir viktimisering. Behoeftige en gemarginaliseerde mense, met inbegrip van onwettige immigrante, werk as motorwagte en dit bied 'n tydelike uitkoms vir die groot getal werkloses in Suid-Afrika. Hierdie artikel doen verslag oor die ervarings van 90 immigrante teenoor 54 Suid-Afrikaanse burgers wat as motorwagte in Pretoria werk. Alhoewel die bevindinge statisties beduidende verskille uitwys tussen immigrante en plaaslike motorwagte ten opsigte van hul opvoeding, huishoudelike dinamika, verhoudings met klante en kennis van arbeidswette, is immigrantmotorwagte aan dieselfde finansiële uitbuiting onderworpe as wat motorwagte in die algemeen ervaar. Immigrante wat die ekonomiese en politieke onrus in hul eie lande probeer ontvlug en as motorwagte in Suid-Afrika werk, vlug moontlik net na verdere uitbuiting.

Palavras-chave : Immigrante; onwettige immigrasie; motorwagte; informele ekonomie; finansiële uitbuiting; oorlewing; werkloosheid; armoede.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons