SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

EKSTEEN, Riaan. Die rol van die Hoogste Howe van die Verenigde State van Amerika, Suid-Afrika en die Europese Unie in buitelandse aangeleenthede. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.1-16. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a1.

In die Verenigde State van Amerika (VSA) beskik die President oor besondere wye magte ten opsigte van buitelandse aangeleenthede; so ook die Kongres, en die Senaat in besonder. Die regsgesag het geen grondwetlik geformuleerde rol met betrekking tot buitelandse aangeleenthede nie. Dit beteken egter nie dat die Hooggeregshof (HH) se uitsprake nie 'n wesentlike invloed op buitelandse beleidsmaatreëls het nie. Die beklemtoning van menseregte het in 1994 sterk na vore getree met Suid-Afrika (SA) se benadering tot buitelandse aangeleenthede. Algaande het hierdie benadering begin verflou. Die Konstitusionele Hof (KH) het nie teruggedeins om die uitvoerende gesag krities oor sy grondwetlike verpligtinge tereg te wys en van sy vergrype ongrondwetlik te verklaar nie. Die Europese Geregshof (EG) het ewe-eens oor dekades heen bepaalde beslissings gelewer wat die buitelandse beleidstandpunte van die Europese Unie (EU) in wese geraak het. Vir die Unie is sy Hof 'n kernpilaar om die hele stelsel standvastig te hou. Terwyl politieke gesagsinstellings buitelandse beleid die direkste raak, is die bydrae van die regsgesag nie minder betekenisvol nie. Dit bepaal die grense waarbinne politieke take verrig mag word. Die regsgesag het die onmiskenbare feit dat dit 'n rol in buitelandse aangeleenthede het beklemtoon.

Palavras-chave : Buitelandse beleidsmaatreëls; geregtelike hersiening; grondwetlike beginsels; menseregte; nasionale veiligheid; oorlog teen terreur; regsgesag se relevansie; reisverbod; skeiding van gesag; verdrae.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons