SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

KOTZE, Ian  e  KIRSTEN, Johanita. Die invloed van agenthebbende passiefkonstruksies op die veranderende gebruik van die setsel deur. Tydskr. geesteswet. [online]. 2019, vol.59, n.1, pp.36-53. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2019/v59n1a3.

Daar is min deskriptiewe navorsing beskikbaar oor die gebruik van setsels in Afrikaans. Die meerderheid van die literatuur fokus op wat presies setsels is en hoe setsels in konstruksies gebruik word, sonder om veel aandag te skenk aan die grammatikale funksie daarvan in sodanige konstruksies. Diachroniese navorsing oor setsels is ook beperk en die diachroniese navorsing wat wel beskikbaar is, fokus nie op die veranderende gebruik van setsels nie. ʼn Setsel waaroor daar min navorsing beskikbaar is, is deur. In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die veranderende gebruik van die setsel deur vir die periode 1911 tot 2010. Die setsel se prominentste en ander meer of minder algemene gebruike word aan die hand van funksionele sintaksis, spesifiek die voorstellingsfunksie, geïdentifiseer met behulp van korttermyn-diachroniese korpuslinguistiese metodes. Elke afdeling van die korpus verteenwoordig ʼn dekade van Afrikaanse taalgebruik, naamlik 1911-1920 (A1), 1941-1950 (A2), 1971-1980 (A3) en 2001-2010 (A4). Die analises toon dat die belangrikste algehele frekwensieveranderinge wat deur ondergaan het, ten nouste verweef is met die gebruik van deur-setselstukke om akteurs in agenthebbende passiefkonstruksies in te lei. Tussen A1 en A2 van die korpus is daar ʼn beduidende toename in die algehele gebruik van setselstukke met deur, gevolg deur ʼn beduidende afname in gebruik tussen A2 en A4. Ongeveer 47% van al die setselstukke met deur word oor die korpus heen gebruik om die akteur van agenthebbende passiewe konkrete prosesse in te lei. Die prominentste gebruik van deur het waarskynlik verander as gevolg van ʼn verandering in die totale passiefgebruik oor die korpus heen. Die veranderende setselgebruik van deur kan gevolglik nie toegeskryf word aan verandering in die gebruik van die setsel op sigself nie, maar dit is eerder indirek die resultaat van die veranderende gebruik van passiefkonstruksies oor die korpus heen.

Palavras-chave : Afrikaanse setsels; deur; sistemies-funksionele grammatika; voorstellingsfunksie; semantiese kategorieë; konkrete prosesse; akteurs; passiefkonstruksies; agenthebbende passiefkonstruksies; diachroniese korpuslinguistiek.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons