SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

KEURIS, Marisa. Die veranderende wêreld van Afrikaanse drama-vertalings en -verwerkings: Enkele opmerkings. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.3-15. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a2.

n Historiese oorsig van die rol wat vertaling (asook verwerking) binne die Afrikaanse drama-en teatertradisie gespeel het - en nog steeds speel - kan onmoontlik gegee word in die bestek van n enkele artikel. Daarvoor is die omvang van n doktorale studie waarskynlik nodig - of selfs van verskeie studies. In hierdie artikel lig ek slegs enkele aspekte uit wat my opval binne hierdie tradisie: (1) Die groot rol wat dramavertalings gespeel het in die vroegste vestiging van n Europese teater in Suid-Afrika waaruit die Engelse en Afrikaanse toneeltradisies ontstaan en ontwikkel het; (2) Die duidelike verbintenis tussen Afrikaanse dramavertalings en -verwerkings met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal (van sy vroegste jare af tot met sy vestiging as amptelike taal in 1925 en die dekades daarna, asook tydens die hoogbloei van Afrikanernasionalisme in die vyftiger- tot tagtigerjare van die 20ste eeu); en (3) Die skuif binne hierdie toneeltradisie van konvensionele dramavertalings (vanaf aanvanklik binne streng beperkings tot meer vrye vertalings) na die huidige tendens van verwerking, herwerking en herskepping van die bronteks binne n nuwe sosio-kulturele raamwerk tot n nuwe drama- en/of teaterteks in die periode na 1994. In die bespreking word verskeie bekende voorbeelde van dramavertalings en hulle vertalers gegee, terwyl ook uitgewys word dat dit dikwels vertaalde dramas was wat by luisterryke geleenthede (byvoorbeeld die inwyding van teaters - selfs die Pretoria Staatsteater in 1981) opgevoer is. Die gebruik van vertaalde werk is egter nie uniek tot die Suid-Afrikaanse situasie nie en mens vind eintlik regoor die wêreld soortgelyke praktyke. Ook Afrikaanse dramas word vertaal en oorsee opgevoer (byvoorbeeld die werk van Reza de Wet). In elke periode gee ek ook n aanduiding van hoe teaterpraktisyns dramavertalings en -verwerkings benader het. Hierbenewens verwys ek in hierdie besprekings na bepaalde teoretiese insigte van kontemporêre navorsers (onder andere Aaltonen, Mueller-Vollmer en Pavis) in die veld van dramavertaling om te demonstreer hoe elke periode geleidelik die teorie en praktyk van dramavertaling ontwikkel het in Afrikaans.

Palavras-chave : dramavertalings; dramaverwerkings; Afrikaanse teatergeskiedenis; Afrikanernasionalisme; TRUK; KRUIK; SUKOVS; NARUK; SWARUK.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons