SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1A critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's EersgeboreneOskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

KRUGER GERBER, André. "Egtheid" in beeide: Die verwerking van verbatim tekste na verhoogbeelde met spesifieke verwysing na tot stof \ tot stilte - 'n paniekreaksie (2018). Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.53-74. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a5.

Hierdie artikel ondersoek die verwerking van verbatim teks na verhoogbeelde deur 'n ontleding van die jeugteaterproduksie getiteld tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie wat deur die Hoër Meisieskool Bloemhof in 2018 opgevoer is. 'n Ondersoek word gedoen na die konvensionele skeppingsmetodologie van verbatim teater. Daar word krities gekyk na die data-insamelings-, seleksie- en redigeringsproses van die gesproke teks. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die seleksie- en redigeringsproses van die gesproke data-verwerkings van verbatim teks nie noodwendig die volledige omvang van die rou data vasvang nie. Dit is veral die geval wanneer die rou data nie noodwendig toneelmatige trefkrag het wanneer dit byvoorbeeld as teaterdialoog beskou word nie. Deur gebruik te maak van Lehmann (2016) se teorieë van postdramatiese estetika argumenteer ek in hierdie artikel dat 'n verwerker die rou gesproke data na beelde kan omskep om die kontekste, inhoud en prosesse van die data-insamelingsproses vas te vang. Hierdie verwerking kan as potensieel meer "eg" beskou word omdat daar moontlik 'n breër omvang van die rou data uitgebeeld kan word, veral gegewe sekere kontekstuele beperkings (die teatermatige ervaring van die spelers, of die lengte van die toneelstuk in verhouding tot die rou data). Deur die klem van die produksie op die verhoogbeelde te plaas, word die implisiete kunsmatigheid van verbatim teater belig. Daardeur word die problematiek van lewensgetrouheid, "egtheid" en die "samestelling van egtheid" in beide die verbatim vorm en verwerkingspraktyk op 'n nuwe manier ondersoek.

Palavras-chave : verbatim teater; verwerking; jeugteater; postdramatiese teater; Hans-Thies Lehmann; visuele metafoor; tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons