SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The Seagull índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MORGAN, Naomi. Oskar en die Pienk Tannie: Die reis van 'n onwaar-skynlike tweemanskap van 'n Franse na 'n Afrikaanse verhoog. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.1, pp.75-90. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n1a6.

Eric-Emmanuel Schmitt, die skrywer van die novelle en eponieme drama Oskar en die pienk tannie, is een van Frankryk se mees gewilde en bekroonde outeurs. Hy word beskou as 'n dramaturg vir akteurs eerder as regisseurs: sy intriges is maklik om te volg en sy natuurlike dialoog is 'n groot aantrekkingskrag vir bekende teater- en filmakteurs. Gegewe sy onbekendheid in Suid-Afrika was dit egter 'n groot uitdaging om belangstelling vir die novelle en dramaverwerking deur Schmitt self by Afrikaanse uitgewers, regisseurs en produsente te wek. Die gedomestikeerde Afrikaanse dramavertaling is uiteindelik deur Sandra Prinsloo-produksies opgevoer met die aktrise self as Oskar èn die pienk tannie en Lara Bye as regisseuse. Danksy die sukses van die produksie is die novelle-vertaling die daaropvolgende jaar gepubliseer. Die dramaproduksie het uiteindelik toekennings vir beste aktrise, regisseuse en produksie op verskillende Afrikaanse kunstefeeste gewen. Oskar en die pienk tannie kan beskou word as een van die mees suksesvolle vertaalde dramas wat die afgelope paar jaar in Afrikaans op Suid-Afrikaanse verhoë opgevoer is. As speelteks is die Afrikaanse dramavertaling verder aangepas deur Sandra Prinsloo en Lara Bye; die outeurskap van die speelteks van die Bye-produksie word bespreek na aanleiding van Sirkku Aaltonen se Time-sharing on stage (2000). Die oorspronklike Franse en Afrikaanse produksies word vergelyk as bydrae tot die enscenerings-argief van Afrikaanse teaterproduksies. Daar word ook kortliks na die terapeutiese waarde van hierdie besondere dramateks verwys.

Palavras-chave : Oskar en die pienk tannie; Sandra Prinsloo; Lara Bye; Sirrku Aaltonen; praktiese dramavertaling; lees- en speelteks.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons