SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with FoucaultNP van Wyk Louw's ideal of justice índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DU TOIT, Louise. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.336-350. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a6.

    Die hoofdoel van hierdie artikel is om moontlike dekoloniale momente in NP van Wyk Louw se denke na te speur. In die eerste plek gee ek 'n kort oorsig oor die kritiese gesprek tussen Louw en Johan Degenaar, met die vraagstuk rakende die "voortbestaan" van 'n "volk" as die vernaamste fokuspunt. Ek oorweeg veral Degenaar se kritiek op Louw se nasionalistiese politieke raamwerk en die redes vir sy kritiek. Teenoor "volksnasionalisme" en ander vorme van nasionalisme as raamwerk vir politiek in Suid-Afrika stel Degenaar 'n pluralistiese model voor. In die tweede deel van die opstel, in reaksie op Degenaar se vernaamste kritiek teen Louw, probeer ek vasstel tot watter mate 'n mens Louw kan interpreteer as 'n dekoloniale denker. Weens die dramatiese omwentelinge in die "Afrikaanse volk" se politieke lot oor die loop van die twintigste eeu, staan Louw op 'n sekere manier nader aan "ons" (Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika in 2020) as Degenaar. In hierdie gedeelte vra ek hoe ons die dekoloniale momente in Louw se denke kan herwin ter wille van die hedendaagse besinning, sonder om die apartheidsgeskiedenis te ontken. In die proses moet ons die blindekolle van Louw en van Afrikanernasionalisme deeglik verreken, maar, stel ek voor, ook soek vir produktiewe aanknopingspunte tussen Louw as proto-dekoloniale denker en die hedendaagse dekolonisasie-debatte.

    Palavras-chave : NP van Wyk Louw; Johan Degenaar; Frantz Fanon; Walter Mignolo; kolonialiteit; dekolonisasie; nasionalisme; pluralisme; apartheid; setlaar-kolonialisme; etniese diversiteit.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )