SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2Motion verbs in Van Wyk Louw's poetryNP van Wyk Louw's animals and figures: An ecocritical reading índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN COLLER, Hp. Voorstellings en posisionerings in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal deur JC Steyn*. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.413-433. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a11.

Hierdie studie is 'n kritiese lees van Steyn (1998) se alomgeprese biografie aan die hand van verskeie teoretiese raamwerke. Die skryf van 'n historiese narratief word op die spoor van narratoloë gesien as 'n onderneming met subjektiewe kante al word die historikus beperk deur geboekstaafde gebeure en "feite". Daar is reeds vroeër beweer (Van Coller 2019a) dat die skryf van geskiedenis ooreenkomste vertoon met vertaling deurdat die historikus kan vervreem of domestikeer (Venuti 1995). In die onderhawige studie word die klem egter geplaas op die skopusteorie van Christiane Nord (1991; 2006). Volgens haar uitgangspunte is vertaling funksiegedrewe en hou die vertaler voortdurend die teikenlesers in die oog wanneer die strategiese vertaalkeuses gemaak word. Die vertaler het geen vrypas om na willekeur te vertaal nie; daar is sprake van lojaliteit: teenoor die opdraggewer, die teikenleser én die bronteks. Mutatis mutandis geld dit ook die biograaf, wat gebonde is aan sy opdraggewer, die lesers vir wie die biografie bedoel is en die lewe van die persoon oor wie die biografie handel. In 'n ander studie (Van Coller 2019b) oor JC Steyn se biografieë van Piet Cillié en MER is bevind dat enkele gemanipuleerde voorstellings van dié persone waarskynlik toegeskryf kan word aan die opdraggewer, Naspers, wat noue bande met beide gehad het - veral met Cillié, een van die destydse sleutelfigure in dié organisasie. In die onderhawige studie is bevind dat veral Truida Louw (en die Louw-gesin) se betrokkenheid by hierdie biografie (as mede-opdraggewers, onderhoudvoerders en keurders) die voorstelling van Truida positief beïnvloed en dié van Sheila Cussons, haar antagonis in die vyftigerjare van die vorige eeu in Amsterdam, negatief kleur. Enkele posisioneringsteorieë word ook betrek ter steun van hierdie bevinding. Hierdie tweedelige biografie is sonder twyfel 'n baken - én een van die bestes - in Afrikaans. Desondanks toon ʼn analise daarvan dat selfs die mees volledige en wetenskaplik gedrewe vorm van geskiedskrywing nooit op volkome objektiwiteit aanspraak sal kan maak nie: geskiedskrywing bly 'n hermeneutiese proses en interpretasie is altyd subjektief.

Palavras-chave : biografie; historiese narratief; vertaalteorieë; domestikasie (verhuisliking); vervreemding; skopusteorie; vertaalopdrag; postuur; etos; patos; logos; (self-)posisionering; openbare intellektueel.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons