SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Poverty and human dignity: The magisterium of the Catholic Church on the interaction between the twoAnalysing the contributory role of the accounting profession to save our planet índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ROSSOUW, Jannie. Diamantjubileum van desimalisasie: 60 jaar van Suid-Afrikaanse rand en sent1. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.658-673. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a6.

Die Unie van Suid-Afrika het op 14 Februarie 1961 'n desimale geldstelsel, naamlik die rand en sent (R/c), in omloop geplaas. Die rand en sent het die imperiale geldstelsel van pond, sjielings en pennies (£/s/d) vervang. Desimalisasie in 1961 word dikwels met die republiekwording van Suid-Afrika op 31 Mei 1961 in verband gebring, maar hierdie was inderdaad twee verskillende prosesse wat net toevallig in dieselfde jaar plaasgevind het. Die besluit om 'n desimale muntstelsel in te stel is in 1956 geneem, terwyl die besluit om die volle onaf-hanklikheid van Suid-Afrika van die Verenigde Koninkryk as die Republiek van Suid-Afrika te oorweeg, eers in 1960 geneem is. Suid-Afrika het sy eie geldeenheid, hoewel gemodelleer op die stelsel van £/s/d soos gebruik in die VK, reeds teen 1910 in omloop gestel. Weens dieselfde benaming en struktuur (£/s/d) wat vir die twee geldeenhede gebruik is, het die algemene publiek dit verkeerdelik as homogeen beskou. Desimalisasie was dus nie die aankondiging van 'n onafhanklike geldeenheid nie; maar bloot die vervanging van een onafhanklike geldeenheid deur 'n ander. Desimalisasie in Suid-Afrika het desimalisasie in die Verenigde Koninkryk met presies 'n dekade voorafgegaan. Die Verenigde Koninkryk het op 15 Februarie 1971 gedesimaliseer. Desimalisasie het metrisering in Suid-Afrika ook met sowat 'n dekade vooruitgeloop, met laasgenoemde wat eers op 1 April 1971 'n aanvang geneem het. Ten tye van desimalisasie is die waarde van R2,00 aan £1/-/- gelykgestel. Sedertdien het die wisselkoers van die rand verswak en staan dit tans op sowat R21,00 = £1,00. Met hierdie navorsing word 'n hipotese getoets vir hierdie verswakking van die wisselkoers en daar word tot die gevolgtrekking gekom dat dit onder meer aan 'n politieke diskonto van sowat 45 persent toegeskryf kan word.

Palavras-chave : desimalisasie; metrisering; politieke diskonto; Republiekwording van Suid-Afrika; rand; sent.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons