SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número3Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1Person-oriented citizenship education in public secondary education índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DAVIDS, Ronel S; ROMAN, Nicolette V  e  SCHENCK, Rinie. Horende moeders en vaders se benadering tot ouerskap van kinders met gehoorverlies. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.3, pp.727-744. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n3a10.

Navorsing toon dat 90% van kinders met gehoorverlies vir horende ouers gebore word (Cole & Flexer 2016; Lederberg, Schick & Spencer 2013). Hierdie ouers kan probleme ondervind om 'n effektiewe benadering tot die grootmaak van kinders te ontwikkel, en hulle kan dit 'n uitdaging vind om 'n kind met gehoorverlies met selfvertroue groot te maak (Calderon, Bargones & Sidman 1998). Studies dui aan dat interaksie tussen gesinslede, familiehulpbronne en ondersteuningsdienste alle areas van die gesinslewe beïnvloed wanneer daar 'n kind met 'n gehoorverlies in die familie is. Boonop ondervind horende ouers nie net uitdagings ten opsigte van hul kind se gehoorverlies nie, maar is daar sprake van verdere uitdagings soos stres, kommunikasie, maatskaplike ondersteuning en toegang tot inligting. Verder beïnvloed gehoorverlies in kinders ouers se vertroue in hulle vermoë om 'n kind met gehoorverlies groot te maak. In hierdie studie ondersoek ons of daar 'n verskil is tussen moeders en vaders se ouer-skapbenadering, en of daar enige bydraende faktore is wat ouers se self-effektiwiteit mag benadeel wanneer hulle 'n kind met gehoorverlies grootmaak.

Palavras-chave : horende ouers; kind met gehoorverlies; ouerskapbenaderings; bydraende faktore; self-effektiwiteit van ouers.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons