SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número2The deed reveals (im)moralityMotion verbs in Van Wyk Louw's poetry índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DU PLESSIS, Elize  e  VAN DER WESTHUIZEN, Gert. Onderwyserkennis van assessering - implikasies vir die opleiding van onderwysers. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.551-567. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a9.

Assesseringsgeletterdheid is 'n belangrike komponent van die professionele voorbereiding van onderwysers. Onderwysers moet hierdie kennis toepas, deel maak van hulle pedagogiese inhoudskennis en deur praktykervaring daarop voortbou. Die navorsingsvraag in hierdie studie word gelei deur die vraag: Wat behels onderwysers se ervaring en kennis van assessering nadat hulle 'n program vir die Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) aan 'n afstandsonderriginstansie voltooi het? 'n Totaal van 20 diensdoende onderwysers is doelgerig gekies en 14 deelnemers het ingestem om aan die studie deel te neem. Die ouderdom van die vyf manlike en nege vroulike deelnemers het tussen 26 en 54 jaar gewissel. Die onderwysers, wat almal minstens vyf jaar se praktykervaring gehad het, moes oop vrae beantwoord oor die doeleindes van assessering, hulle eie sienings rakende goeie assesseringspraktyke, die rol van terugvoer en handelinge in assessering wat daarop gemik is om leer te optimaliseer. Die bevindings van die studie word bespreek aan die hand van Bereiter se raamwerk van kennisbou in die onderwys en die maniere waarop kennisoortuigings in professionele leer tot die uitbouing van pedagogiese inhoudskennis bydra. Die hoofbevindings was dat die onderwysers deeglik oor assesseringsdoeleindes en goeie assesseringspraktyke ingelig is en weet hoe om terugvoer te hanteer en wat om met assesseringsinligting te doen om leer te verbeter. Die onderwysers is ook vol vertroue dat hulle kennis en praktyke voldoende en doelmatig is. Hulle voorkeurpraktyke is daarop gerig om leerderprestasie te verbeter. Die onderwysers het 'n behoefte aan opleiding in die gebruik van taksonomieë en tegnologie, en het 'n verlenging van onderwyspraktykervaring voorgestel. Die implikasies hiervan vir die opleiding van onderwysers en voortgesette professionele leer is ten slotte bespreek.

Palavras-chave : assessering vir leer; kennisbou; kurrikulumassessering; onderwyserkennis; pedagogiese oortuigings; professionele leer.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons