SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número3Substantive policy implementation and the erosion of voter trust as factors in the consolidation of the South African democracyPoverty and human dignity: The magisterium of the Catholic Church on the interaction between the two índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

TALJARD, Marlies.  "Geen vlerke stut meer ...": Geselekteerde gedigte in Krog se mede-wete gelees as outobiografiese postsekulêre laatwerk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.3, pp.690-712. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n3a4.

In Antjie Krog se bundel mede-wete verskyn 'n aantal gedigte waarin die ek-spreker se soeke na 'n nuwe soort spiritualiteit verwoord word en waarin die implisiete versugting na die eenheid van alle dinge voorkom. Die doel van hierdie artikel is om 'n teoretiese konsep aan die hand te doen waarvolgens die spirituele aspekte in hierdie bundel bespreek kan word. Teorieë oor outobiografie as spirituele praktyk, veral in die digter se laatwerk, sowel as postsekularisme en ekopsigologie sal vir hierdie doel ingespan word. Daar sal hoofsaaklik eksemplaries te werk gegaan word deurdat enkele kerngedigte in die bundel ontleed word, te wete "moniaal", " 'n eland staan by 'n kuil", "ongelowig is nie die regte woord nie" en "kerssonnet". Daar word aangetoon op welke wyse Krog kategorieë of gehele wat in moderne tye hulle relevansie verloor het, poëties nuut verwoord deur te fokus op die verbeelding van 'n groter geheel waarin plante, diere en mense interverbonde is en interafhanklik van mekaar bestaan. Sodoende word die grense van die paradigma van egosentrisme waarin moderne mense verval het, opgehef en bestaande religieuse grense word deurbreek deurdat holisme op kreatiewe wyse as nuwe werklikheid daargestel word.

Palavras-chave : Antjie Krog; mede-wete; outobiografie; laatwerk; postsekularisme; ekopsigologie; spiritualiteit; interverbondenheid; holisme.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons