Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
ELS, Gideon. Die bepaling van ons mees geliefde Afrikaanse kerklied - 'n metodiese ondersoek. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-2, pp.1350-1378. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a8.
In hierdie artikel word 'n uiteensetting gegee van die proses en die resultate van die gebruik van 'n self-geadministreerde aanlyn opname en vraelys om die mees "geliefde" kerklied in Afrikaanssprekende gemeentes in Suid-Afrika te bepaal. Daar word aandag gegee aan aspekte soos die keuse van metode, steekproefneming van respondente, vraelysontwerp en die statistiese ontleding van response. Sommige van die risikoverminderingstrategieë wat die navorser gebruik, word ook uitgelig. Uit die ontleding van die data is dit duidelik dat gemeentes 'n voorkeur toon vir kerkliedere uit die Liedboek en Psalmboek, maar dat daar duidelik ook 'n liefde is vir liedere uit beide die VONKK- en FLAM-genre. Dit is verder ook duidelik dat die Psalms (al is dit net 'n paar) in die amptelike Afrikaanse Liedboek steeds 'n belangrike rol speel in die spiritualiteit van baie van die Afrikaanssprekende gemeentes in Suider-Afrika. Hierdie artikel dra by tot die metodologiese debat in die navorsingsveld van kerkmusiek.
Palavras-chave : opnametegniek; kerklied; self-geadministreerde vraelyste; Delphi-tegniek; geweegde gemiddelde; Liedboek.