SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número1The triumph of the silver screen: Christiaan Olwagen's film adaptation of The SeagullMax-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BLIGNAUT, Henry  e  DU TOIT-BRITS, Charlene. Uitdagings en implikasies vir die implementering van selfgerigte leer tydens Covid-19. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.1, pp.150-168. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a8.

Die hoofdoel van onderrig is om toekomstige selfgerigte burgers te ondersteun in die verkryging van 'n blink toekoms en om die nodige SGL-vaardighede te verskaf om in 'n loopbaan goed onderrig te word. Onderwys, per se, is 'n sleutel tot lewe, kennis, selfvertroue, selfrespek en selfgerigtheid. Verder stel onderwys individue in staat om selfgerig vir die lewe voor te berei. SGL is as teoretiese raamwerk gebruik om die sentraliteit daarvan in die voorbereiding van ons toekomstige arbeidsmag te onderstreep en om uit te lig dat die ontbreking en nie-bevordering daarvan in skole tot agterstande kan lei soos dié wat gedurende die Covid-19-afsonderingstydperk en gepaardgaande skoolsluitings te voorskyn gekom het. Daar word kortliks besin oor die impak van Covid-19 op die volgende: i) die grondslag wat vir basiese onderwys gelê word; ii) die voordeel wat sekere leerders uit aanlyn onderrig getrek het; iii) ouerbetrokkenheid, iv) die belangrikheid van 'n onderwyser tydens aanlyn leer; (v) die emosionele ontwikkeling van leerders en trauma wat weens Covid-19 opgedoen is; en (vi) hoe leerders vóór Covid-19 bemagtig is om 'n pandemie te oorleef. Verder word daar melding gemaak van die uitdagings wat leerders, onderwysers en ouers (onder andere) kan ervaar vanweë vermelde skoolsluitings, met spesifieke verwysing na die uitdagings van toepassing op die makro-, meso- en mikrovlak binne die skoolkonteks. Ons verwys ook in 'n uitvoerige bespreking na die impak van Covid-19 op leerders se voorbereiding vir die 21ste eeu en die Vierde Industriële Revolusie (4IR). Ter afsluiting word die implikasies van Covid-19 en skoolsluitings vir die onderwyspraktyk belig.

Palavras-chave : Selfgerigte leer (SGL); Covid-19; inperking; leerders; aanlyn leer; onderwysers; 21ste eeu; Vierde Industriële Revolusie (4IR); arbeidsmag.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons