Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.62 no.3 Pretoria Set. 2022
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a12
GEDIGTE
Khayalethu Magadla
Khayalethu Magadla val speiende in 'n mangat
en land in die onderwêreld van die groot goue stad,
terwyl amptenare in koel kantore sit en slaap
moet die doodsengel hom uit slik en slym na bo opraap.
Aardverwarming
Die weer verander met spoed op ons planeet.
In Durban spoel huise weg in 'n diep spleet
want ons as sprinkaanplaag laat net besoedeling na.
Planne teen verwarming bly vir ons diskreet.
Skryftaal
buite agter 'n miershoop lê
die maer lyk van Eugène Marais.
D.J. Opperman
Hy is deur 'n winternag so gedryf
om in die taal wat hulle praat te skryf
in die Engels-Nederlandse tydperk
dat ons Afrikaans voluit kan bedryf.
Deel van die geheel
Vroegoggend verkyk ek my aan die helder môrester.
Al is ek nou maar 'n kort tydjie hier is ek deel van
die heelal, oneindig, ondenkbaar en onmeetlik ver.
In my lewensaand sal ek sittend kyk na die aandster.
Hennie Pieterse
E-pos: pietehjc@absamail.co.za