SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número1Social resilience, structural vulnerability and capabilities in Genadendal, South AfricaThe Pandour Corps, 1793-1795 : Soldiers in defence of the Cape Colony towards the end of Dutch rule índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.63 no.1 Pretoria  2023

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a12 

    GEDIGTE

     

     

    Afrikaanses

    "Ons is geroepe tot 'n groot afspraak met die dood."

    Uit Springbokke deur D.J. Opperman.

    Dit het gebeur: ons beheer het gesterf.

    Kwikstertjies nou wat in klein bossies hou

    en met eie veertjies nessies bou

    om miskien 'n eie staanplekkie te verwerf?

    Rowers

    As julle jul huise verlaat en vrolik uitgaan

    sal ons hiënas julle goed vat en jul hard slaan,

    want ons is baas van die plaas al dink julle nie so nie.

    Met die finale instorting sal óns jul land laat vergaan.

    Oorlog en ondergang

    Die mens streef hoog maar skep ook sy eie ondergang.

    Terwyl ons stip meerKAT na die heelal se ontstaan

    word Eskomme en Vaaldamme elders plat geskiet.

    Wie sal ná armageddon alles weer kan vervang?

    'n Flou perd

    Wat hul nou probeer is geen verweer

    teen Eskom se val wat sal gebeur.

    Kragstasies gaan vrek;

    slegs die jeug kan red.

    Hennie Pieterse

    E-pos: hjcpieterse62@gmail.com