SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2Creolisation and healing in van Wyk Louw's Nuwe verse (New poems) and Tristia índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DREYER, Johan  e  VAN DER WALT, Kobus. Die ontstaan van lewe: "In die begin was die Woord daar". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.211-228. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a3.

'n Groot aantal natuurwetenskaplike navorsers beweer dat biologiese lewe op aarde heel waarskynlik natuurlik ontstaan het, maar geeneen kan die presiese meganisme waardeur lewe ontstaan het, weergee nie. Talle eksperimente en waarnemings het bewyse gelewer dat die basiese boustene van lewe, soos aminosure, spontaan kan vorm onder die toestande wat op die vroeë aarde teenwoordig was. Daarbenewens dui die ontdekking van ekstremofiele (organismes wat floreer in uiterste toestande soos hoë temperature en druk) daarop dat lewe moontlik deur 'n onbegeleide, willekeurige meganisme in sulke omgewings kon ontstaan het. Alhoewel die meerderheid wetenskaplikes dus kontemporêre wetenskaplike gegewens aanvoer as bewyse dat lewe 'n natuurlike oorsprong gehad het, is daar 'n groeiende stem van gesaghebbende navorsers wat beweer dat die voorwaardelike toestande vir lewe, sowel as die kompleksiteit daarvan, dui op fyn beplande, begeleide meganismes. In teenstelling met 'n normatiewe materialistiese vertrekpunt, propageer sulke navorsers 'n openheid om die data te volg tot die mees waarskynlike, logiese gevolgtrekking. Hierdie gevolgtrekking behels die voortdurende betrokkenheid van 'n Skepper vanaf voor die beginmoment van die skepping, tot op hede.

Palavras-chave : oorsprong van lewe; normatiewe materialisme; kreasionisme; panspermia; abiogenese; inligting in DNA; antroposentriese4 beginsel; data; inligting; kennis; kousale determinisme; termodinamika; onreduseerbare kompleksiteit; biologiese voortplanting; stogastistiteit.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons