SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2NP van Wyk Louw (1906-1970)Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with Foucault índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DREYER, Johan  e  VAN DER WALT, Kobus. Die oorsprong van die mens: "Laat Ons mense maak". Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.229-245. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a4.

Volgens materialiste kan die ontstaan van die mens verklaar word deur evolusie, waarvoor daar oortuigende bewyse is, soos bv. genetiese ooreenkomste, bewyse uit die fossielrekord sowel as anatomiese vergelykings. Daarteenoor stel die metafisiese siening dat mense deur 'n goddelike entiteit of 'n bonatuurlike krag geskep is. Hierdie siening word dikwels geassosieer met godsdienstige oortuigings en is (volgens die teenstanders daarvan) nie op empiriese bewyse gebaseer nie. As 'n spesie, toon menslike DNS (deoksiribonukleïensuur) 'n baie laer diversiteit as wat die genetiese teorie voorspel, hoofsaaklik as gevolg van die resentheid van die mens sowel as die voorkoms van 'n "bevolkingsbottelnek". Dit dui daarop dat die hele menslike bevolking minder as 160 000 jaar gelede uit 'n baie klein groepie ontwikkel het, waarskynlik in Afrika. Mense deel veel meer as net voorouers met die res van die skepping: ook boumateriaal, selle, organe en 'n groot deel van ons genoom. Dat mense uniek van aard is, is egter onbetwisbaar en kontemporêre wetenskap lewer vele empiriese waarnemings in hierdie verband, wat nie bevredigend verklaar kan word deur 'n onbegeleide, toevallige ontwikkelingsgeskiedenis nie. Die Bybelse narratief van Adam en Eva voldoen aan al die vereistes vir die drempelgebeurtenis in die menslike geskiedenis, wat wetenskaplik bewysbaar is. Die hipotese word daarom voorgehou dat die proto-mens geskep is deur begeleide ontwikkeling uit die stof van die aarde (koolstof, waterstof, stikstof, suurstof, fosfaat en swael). Later het 'n drempelgebeurtenis plaasgevind waartydens God die proto-mens "na Sy beeld" getransformeer het.

Palavras-chave : menslike oorsprong; bevolkingsuitbreiding; bevolkingsbottelnek; drempelgebeurtenisse; Kambriese ontploffing; teïstiese hipotese; norma-tiewe materialisme; gedeelde voorouer; samesmeltingschromosoom; proto-mens.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons