SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2The deed reveals (im)moralityMotion verbs in Van Wyk Louw's poetry índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN HEERDEN, Neil. Die spanningsverhaal: 'n Teoretiese beskouing en bespreking van drie voorbeelde in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.327-345. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a9.

In hierdie artikel ondersoek ek spanning as literêr-teoretiese konsep. Spanning kan gedefinieer word as 'n benouende affektiewe respons wat in die leser tot stand kom na aanleiding van bepaalde tekstuele prikkels. Ek verskaf eerstens 'n aantal definisies en teorieë om sodoende 'n greep te kry op die tekstuele voorvereistes vir die totstandkoming van spanning. Ek steun veral op twee seminale bronne: Suspense: Conceptualisations, Theoretical Analyses, and Empirical Explorations (1996) en Suspense in the Formula Story (1989). Vervolgens bespreek ek drie onlangse bekroonde spanningsverhale in Afrikaans: Prooi (2018) deur Deon Meyer, Die versoeking van Thomas Maas (2020) deur Chris Karsten, en Hartedief (2021) deur Rudie van Rensburg. Ek wys ten slotte op die mees beduidende ooreenkomste en verskille tussen die drie voorbeeldtekste ten opsigte van die spanningsproses.

Palavras-chave : Afrikaanse letterkunde; Chris Karsten; Deon Meyer; huishoudelike noir; lesersbetrokkenheid; misdaadfiksie; populêre fiksie; Rudie van Rensburg; sielkundige riller; spanning; spanningsverhaal; speurverhaal.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons