SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2The deed reveals (im)moralityMotion verbs in Van Wyk Louw's poetry índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    VAN HEERDEN, Neil. Die spanningsverhaal: 'n Teoretiese beskouing en bespreking van drie voorbeelde in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.327-345. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a9.

    In hierdie artikel ondersoek ek spanning as literêr-teoretiese konsep. Spanning kan gedefinieer word as 'n benouende affektiewe respons wat in die leser tot stand kom na aanleiding van bepaalde tekstuele prikkels. Ek verskaf eerstens 'n aantal definisies en teorieë om sodoende 'n greep te kry op die tekstuele voorvereistes vir die totstandkoming van spanning. Ek steun veral op twee seminale bronne: Suspense: Conceptualisations, Theoretical Analyses, and Empirical Explorations (1996) en Suspense in the Formula Story (1989). Vervolgens bespreek ek drie onlangse bekroonde spanningsverhale in Afrikaans: Prooi (2018) deur Deon Meyer, Die versoeking van Thomas Maas (2020) deur Chris Karsten, en Hartedief (2021) deur Rudie van Rensburg. Ek wys ten slotte op die mees beduidende ooreenkomste en verskille tussen die drie voorbeeldtekste ten opsigte van die spanningsproses.

    Palavras-chave : Afrikaanse letterkunde; Chris Karsten; Deon Meyer; huishoudelike noir; lesersbetrokkenheid; misdaadfiksie; populêre fiksie; Rudie van Rensburg; sielkundige riller; spanning; spanningsverhaal; speurverhaal.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )