SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2Relativisation in the poetry of NP van Wyk LouwPresentation and positioning in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal ("Van Wyk Louw: A life story") by JC Steyn índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

WIERENGA, Roné. "Gaan loop speel!": Die inchoatiewe niehoofwerk-woorde gaan en loop. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.346-363. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a10.

Aspektuele betekenis is dikwels meerduidig in Afrikaans, omdat die werkwoord nie verpligtend gemerk word vir aspek nie. Die inchoatiefaspek is 'n grammatikaalaspektuele betekenis wat die moment direk voor die aanvang, die aanvangsmoment self, of die moment direk ná die aanvang van 'n handeling of faseverandering uitlig. 'n Verskeidenheid strategies kan in Afrikaans gebruik word om die inchoatiefaspek uit te druk - een só 'n strategie is die gebruik van niehoofwerkwoordelike konstruksies. In hierdie artikel word gebruik gemaak van die Watkykjy!'-korpus, Taalkommissiekorpus en NWU-Kommentaarkorpus om die frekwensies en gebruikspatrone van gaan en loop as direkteskakelwerkwoorde in inchoatiefkonstruksies na te gaan. Die resultate van die korpusondersoek toon dat hierdie gaan- en loop-inchoatiefkonstruksies vormlik en struktureel ooreenkomstig is, maar dat daar semantiese nuanses is wat bewerkstellig word deur die keuse om gaan of loop te gebruik.

Palavras-chave : aspek; gaan; inchoatief; ingressief; inseptief; konstruksiegrammatika; korpuslinguistiek; loop; niehoofwerkwoord; niehoofwerkwoordelike inchoatiefkonstruksies.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons