SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número2Presentation and positioning in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal ("Van Wyk Louw: A life story") by JC SteynPlume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic context índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

GEYER, Stephan  e  JORDAAN, Joyce. Professionele persone in maatskaplike diensberoepe se kennis van en houding teenoor ouer persone: Implikasies vir voortgesette professionele ontwikkeling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.2, pp.383-401. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n2a12.

Die bejaardebevolking neem wêreldwyd toe. Gevolglik vergroot die vraag na geskikte mediese sorg, maatskaplike bystand, maatskaplike dienste en versorging. In Suid-Afrika word maatskaplike dienste aan ouer persone hoofsaaklik deur twee maatskaplike diensberoepe gelewer, naamlik maatskaplike werkers en maatskaplike hulpwerkers. Hierdie praktisyns moet oor die nodige kennis van en gepaste houding teenoor ouer persone beskik ten einde effektiewe gerontologiese dienste te lewer. Internasionaal, maar ook in Suid-Afrika, is 'n leemte geïdentifiseer met betrekking tot 'n studie wat praktisyns se kennis van en houding teenoor ouer persone verken en beskryf. Hierdie artikel poog om die volgende navorsingsvraag te beantwoord: "Wat is professionele persone in maatskaplike diensberoepe se kennis van en houding teenoor ouer persone?" 'n Deursnit opnameprosedure is gevolg met praktisyns (N=140) verbonde aan een private welsynsorganisasie. Drie-en-sestig respondente (N=63) het die aanlyn vraelys voltooi. Respondente se kennis van veroudering is verken met Palmore 's First Facts on Aging Quiz in multiple-choice format. Houding teenoor ouer persone is ooreenkomstig Fraboni's Scale of Ageism beskryf. Respondente het swak gevaar in hul oorhoofse kennis van veroudering met 'n gemiddelde punt van 9.4 uit 25 (s=2.6). Met 'n teoretiese reikwydte van 29 tot 145, het ouderdomsdiskriminasie laag gemeet (x=80.6; s=11.8). Voorts is die impak van nege faktore op respondente se gemiddelde kennis van en houding teenoor ouer persone bepaal met behulp van parametriese toetse. Beide voortgesette professionele ontwikkelings-inisiatiewe en supervisie is bekende kontekste in maatskaplike diensberoepe. Aanbevelings word gedoen om praktisyns se kennis van en houding teenoor ouer persone te verbeter met die oog op effektiewe gerontologiese dienste.

Palavras-chave : maatskaplike diensberoepe; maatskaplike werkers; maatskaplike hulpwerkers; ouer persone; voortgesette professionele ontwikkeling; kennis van ouer persone; houding teenoor ouer persone; ouder-domsdiskriminasie; Suid-Afrika; gerontologie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons