Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
FOUCHE (NEE BLUME), Jadé e OTTO, Annél. Afrikaanse visserstaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.528-559. ISSN 2224-7912. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a9.
Afrikaanse visserstaal is deur verskillende tale beïnvloed, waaronder veral Nederlands, Portugees, Maleis en Engels en word as variëteit onderskei op grond van heelwat unieke woorde en uitdrukkings. Daar is min geografiese differensiasie tussen Oos-Kaapse en Wes-Kaapse visserstaal as gevolg van die dialekkontinuum (Blume, 2023). Woorde in Afrikaanse visserstaal verskil ten opsigte van gestandaardiseerdheid deurdat sommige woorde ook in die algemene woordeskat voorkom, soos in die nuutste HAT aangedui. Sommige woorde is nie gestandaardiseer nie aangesien hulle Engelse woorde is, byvoorbeeld shad, of 'n hibridiese vorm van Engels en Afrikaans is, byvoorbeeld raggie. Ander woorde en uitdrukkings is nie in die HAT opgeneem nie, waarskynlik omdat hulle nie so bekend/gebruiklik is in die algemene leksikon nie, byvoorbeeld bonnie/bonnietjie in plaas van die standaardwoord bonito. Stylvlakverskille kom voor by die Standaardafrikaanse woord stompneus teenoorflatty (informeel). Laasgenoemde word eerder onder die vissers gebruik. Dit geld ook vir die gebruik van visserman teenoor visterman. Enkele woorde in HAT6 bevat nie die visserstaal-betekenisonderskeiding nie, byvoorbeeld bakkie en mas as werkwoord.
Palavras-chave : Afrikaanse visserstaal; dialektologie; leksikon; semantiek; sosio-linguistiek; variëteit; sosiolek; register; standaardvariëteit; formaliteit.