SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número3An assessment of perceptions concerning digital transformation at a South African commercial bank - a case of Anthropocene denial for the economy?Parenting approaches of hearing mothers and fathers to children with hearing loss índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    FOUCHE (NEE BLUME), Jadé  e  OTTO, Annél. Afrikaanse visserstaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.528-559. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a9.

    Afrikaanse visserstaal is deur verskillende tale beïnvloed, waaronder veral Nederlands, Portugees, Maleis en Engels en word as variëteit onderskei op grond van heelwat unieke woorde en uitdrukkings. Daar is min geografiese differensiasie tussen Oos-Kaapse en Wes-Kaapse visserstaal as gevolg van die dialekkontinuum (Blume, 2023). Woorde in Afrikaanse visserstaal verskil ten opsigte van gestandaardiseerdheid deurdat sommige woorde ook in die algemene woordeskat voorkom, soos in die nuutste HAT aangedui. Sommige woorde is nie gestandaardiseer nie aangesien hulle Engelse woorde is, byvoorbeeld shad, of 'n hibridiese vorm van Engels en Afrikaans is, byvoorbeeld raggie. Ander woorde en uitdrukkings is nie in die HAT opgeneem nie, waarskynlik omdat hulle nie so bekend/gebruiklik is in die algemene leksikon nie, byvoorbeeld bonnie/bonnietjie in plaas van die standaardwoord bonito. Stylvlakverskille kom voor by die Standaardafrikaanse woord stompneus teenoorflatty (informeel). Laasgenoemde word eerder onder die vissers gebruik. Dit geld ook vir die gebruik van visserman teenoor visterman. Enkele woorde in HAT6 bevat nie die visserstaal-betekenisonderskeiding nie, byvoorbeeld bakkie en mas as werkwoord.

    Palavras-chave : Afrikaanse visserstaal; dialektologie; leksikon; semantiek; sosio-linguistiek; variëteit; sosiolek; register; standaardvariëteit; formaliteit.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )