SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número3Entrepreneurial leadership style in schools: Good versus poor socio-economic circumstancesTaboo language use as a key element in the construction of a zef identity índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LOTTER, Casper. Is Suid-Afrika se rehabilitasieparadigma uitge-dien? 'n Pleidooi vir moontlike beleidshervorming. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.655-685. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a14.

In hierdie bydrae word gepoog om aan te toon dat Carlen (2013) se standpunt dat die rehabilitasieparadigma in Brittanje uitgediend is, eweneens op postapartheid Suid-Afrika van toepassing is. Aangesien omstandighede hier ter plaatse egter uiteraard verskil van dié in die Verenigde Koninkryk, spits ek my metodiek in besonder toe op 'n krities-kriminologiese oorweging van vyf unieke aspekte van die Suid-Afrikaanse ervaring. My vertrekpunt is dus 'n klemverskuiwing. Eerstens poog ek om aan die hand van drie welbekende gevalle in plaaslike strafregverrigtinge (naamlik Zuma, Omotoso en Van der Vyver) aan te toon dat billikheid nie noodwendig alle beskuldigdes tot dieselfde mate begunstig nie, maar hoofsaaklik tot wesenlike voordeel van welgesteldes en gesaghebbendes dien. Tweedens wys ek daarop dat die gebruiksverandering van die gevangenis na 'n besigheidsmodel, nêrens in groter mate sigbaar is as by die verskynsel wat bekend staan as die gevangenis-industriële kompleks nie. Derdens betoog ek, aan die hand van Reiman se pyrrhusnederlaagteorie en Box se gedagte van die versluiering van misdaad, dat die verguising van die uitgeslotenes ("urban marginality") as kriminogenies binne hierdie konteks die nuttige doel dien om aandag van staatsmisdade of dié van die staat se korporatiewe bondgenote af te lei. Teen hierdie agtergrond oorweeg ek die gedeeltelike sukses wat met rehabilitasiebeleid en -praktyke ter plaatse behaal is. Laastens kom ek tot die gevolgtrekking dat die rehabilitasieparadigma wel tot 'n mate in Suid-Afrika uitgediend is, die implikasies vir nuwe beleidsformulering veelvlakkig is en word die algehele verwerping van hierdie paradigma in die Suid-Afrikaanse konteks nie aanbeveel nie.

Palavras-chave : besitsongelykheid; inkomsteongelykheid; billikheid; gevangenisindustriële kompleks (GIK); Box se versluiering van misdaad ("mystificationof crime"); implikasiesvirbeleidsformulering; Reiman se pyrrhusnederlaagteorie; bestaande plaaslike rehabilitasiebeleid en -praktyke; rehabilitasieparadigma.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons