SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 número4Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different?The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issues índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DUVENHAGE, André. Patrone van onstabiliteit in die Suid-Afrikaanse politieke omgewing - 'n tendens-ekstrapolasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.804-835. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a4.

Hierdie navorsing is 'n politieke omgewingsverkenning wat toegespits is op kernveranderlikes in die Suid-Afrikaanse samelewing, politiek en ekonomie, en watter uitwerking dit op die korter termyn kan hê op politieke stabiliteit/onstabiliteit in Suid-Afrika. Die sentrale uitgangspunt van hierdie studie is dat die Suid-Afrikaanse politiek 'n kantelpunt bereik het, en dat talle veranderinge tans plaasvind met verreikende implikasies vir politieke, ekonomiese en maatskaplike orde, struktuur en algemene stabiliteit. Op grond van 'n kort konseptualisering van staat, staatsverswakking, politieke stelsel en stelselstabiliteit is 'n analitiese raamwerk gebruik om kernfaktore binne die domeine van die politiek, ekonomie, samelewing en internasionale omgewing te identifiseer, en die uitwerking en moontlike uitwerking daarvan op stabiliteit/onstabiliteit aan te dui. Met hierdie teoretiese, analitiese raamwerk as algemene uitgangspunt, en die uitgebreide gebruik van feitelike besonderhede (asook data, syfers en empiriese materiaal), om aannames en uitgangspunte te verifieer, is die kernbevinding van hierdie navorsing (die ekstrapolasie van die tendens) dat 'n periode van ernstige politieke onstabiliteit op die korter en medium termyne vir Suid-Afrika voorlê, wat nie sonder meer geïgnoreer kan word nie. Fundamentele hervorming blyk dringend noodsaaklik te wees binne hierdie geïdentifiseerde omstandighede om toekomstige patrone van politieke onstabiliteit en institusionele verval af te weer.

Palavras-chave : Suid-Afrikaanse politiek; politieke omgewingsverkenning; politieke kantelpunt; tendensekstrapolasie; stelselstabiliteit; politieke onstabiliteit; patrimonialisme; verkiesings; meningspeilings.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons