Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Health SA Gesondheid (Online)
versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848
Resumo
PENNY, Bronwyn L.; RAZLOG, Radmila; DEROUKAKIS, Marilena e JOHNSTON, Gavin. A comparative study of Klimakt-Heel® and Femolene ultra in the managemente of typical climacteric symptoms. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.144-148. ISSN 2071-9736.
Die oorgangsleeftyd word beskryf as die fisiologiese einde van menstruasie weens verminderde eierstokfunksie. Oor die algemeen gesproke sal alle vroulike persone tussen die ouderdomme van 44 en 57 daardeur geraak word. Gedurende hierdie tydperk mag hulle ervaar waarna verwys word as 'tipiese simptome van die oorgangsleeftyd' insluitend vasomotoriese reaksies, vermeerderde sweet, slaapprobleme, gemoedsveranderinge, hoofpyne, gewrigspyne en urogenitale probleme. Die doel van die studie was om vas te stel hoe doeltreffend Femolene Ultra (phytotherapeutiese preparaat) and Klimakt-Heel® (homeopathiese preparaat) is vir die behandeling van tipiese oorgangsimptome. Dertig vroulike vrywilligers tussen die ouderdomme 44 en 57 jaar wat aan die simptome van die oorgangsleeftyd gely het het die pasiëntprofiel en -gevallegeskiedenis voltooi en het 'n pasiëntinligtings- en toestemmingsvorm geteken. Hierdie deelnemers is lukraak in twee verskillende groepe van vyftien geplaas. Een groep het Femolene Ultra vir 'n tydperk van 12 weke ontvang en die ander groep het Klimakt-Heel® vir dieselfde tydperk ontvang. Bloedmonsters is geneem om die 17 ß oestradiolvlakke voor en na die 12-weekperiode vas te stel. Die Kupperman Menopouse Indeks is as 'n selfrapportmaatreël gebruik en met vier-weeklikse intervalle voltooi. Statisties is die Wilcoxon rangsomtoets van die klas van nie-parametriese verspreidingsvrye toetse gebruik. Albei produkte het bewys dat dit die tipiese simptome van die oorgangsleeftyd betekenisvol tydens die 12-weekperiode verminder het. Femolene Ultra het die gemiddelde Kupperman Menopouse Indekstelling met 63% verminder en Klimakt-Heel® het die gemiddelde telling met 54% verminder, alhoewel meer deelnemers in die Klimakt-Heel®-groep 'n verbetering in die simptome van die oorgangsleeftyd ervaar het. Die resultate is nie afdoende nie maar dit verskaf tog 'n interessante basis waarop verdere navorsing gegrond kan word.
Palavras-chave : menopause; complementary medicine; homeopathy; herbalism; hormone replacement therapy.