Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Health SA Gesondheid (Online)
versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848
Resumo
GANESEN-MOOTHUSAMY, Hilda e NAIDOO, Mergan. Initiation of antiretroviral therapy at rural primary health care clinics in KwaZulu Natal. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.
Suid-Afrika dra die grootste las van MIV-infeksie ter wêreld met die meeste besmette mense in KwaZulu-Natal (KZN). Gedesentraliseerde mediese sorg vir MIV-positiewe pasiënte en dienslewering van antiretrovirale terapie (ART) aan primêre gesondheidsorg- fasiliteite is nasionaal voorgestel om optimale ART-behandeling aan behoeftige te verskaf. Hierdie studie beskryf MIV-positiewe pasiënte wat ART-behandeling ontvang by twee bestaande Primêre Gesondheidsorgklinieke (PGS) in Ilembe, KZN sonder enige bykomende skenkerondersteuning. Waarnemingstegnieke is in die studie gebruik om ART-bekendstelling van 01 April 2008 tot 30 April 2009 te bestudeer. Data van kliniese rekords wat op die perseel gehou is, is ingesamel. MIV-toetsing en mediese behandelingsprogramme voor die bekendstelling van ART word kortliks beskryf. Sosio-ekonomiese, demografiese en kliniese eienskappe van pasiënte wat aan ART bekendgestel is, is versamel en beskryf. Minimum (2.95%) respondente aan die studie is vir MIV getoets, waarvan 36.0% positief getoets het. Die Meerderheid (60.0%) van pasiënte wat by die voorafgaande ART-sorgprogram aangesluit het, het nie terugkeer nie. Die ART-steekproef het bestaan uit 375 pasiënte waarvan 65.0% vroue was, 85.9% was ongetroud, 61.6% was werkloos en 50.4% het 'n sekondêre vlak van onderwys gehad. Die bestaan (reeds onder behandeling) en voorkoms (diagnose tydens bekendstelling van die ART-program) van Tuberkulose (TB) tydens ART-bekendstelling was 22.1% en 14.7% onderskeidelik. Die voorkoms van sifilis- en hepatitis B-infeksies was 13.1% en 8.6% onderskeidelik. Twee derdes van die vroulike pasiënte (66.4%) het 'n Papsmeer ondergaan, waarvan die meerderheid (62.3%) se uitslae abnormaal was. Die begrip vir MIV-toetsing gevolg deur toepaslike CD4-toetsing was swak. Hoë TB-, Hepatitis B- en sifilisinfeksies was by pasiënte aangeteken wat met ART-behandeling begin het. Ondersoeke vir servikale kanker moet verhoog word. Hoewel die ART-bekendstelling met geen toegevoegde eksterne hulpbronne suksesvol was, was rekordhouding nie optimaal nie.