SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 número1The link between poverty and malnutrition: A South African perspective índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Health SA Gesondheid (Online)

versão On-line ISSN 2071-9736
versão impressa ISSN 1025-9848

Resumo

VAN DEN HEEVER, Anna E.; POGGENPOEL, Marie  e  MYBURGH, Chris P.H.. Nurses and care workers' perceptions of their nurse-patient therapeutic relationship in private general hospitals, Gauteng, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Fasilitering van 'n terapetiese verhouding is 'n essensiële vaardigheid in verpleging en veral in geestesgesondheid. Verpleegkundiges in private algemene hospitale is blootgestel aan die emosionele gevolge van fisiese siekte asook die toenemende toelating van pasiente met geestesgesondheidsbehoeftes. Swak verpleegkundige-pasiënt verhoudings is deur pasiënte en in die media gerapporteer, terwyl die navorsers van oënskynlike misverstande tydens interaksies tussen verpleegkundiges en pasiente bewus geword het tydens hulle werk in private algemene hospitale. Geen studies is gedoen oor hoe verpleegkundiges en versorgers hulle terapeutiese verhouding met pasiënte in terme van hulle emosionele en geestesgesondheidsbehoeftes ervaar nie. 'n Kwantitatiewe, kontekstuele en deduktiewe studie was in drie private algemene hospitale in Gauteng, Suid Afrika gedoen, met 'n doelgerigte steekproef van 154 verpleegkundiges en 30 versorgers. Verpleegkundige persepsies van die fasilitering van 'n terapeutiese verhouding gebaseer op die konsepte van 'n terapeutiese verhouding, empatie, positiewe agting, opregtheid, konkreetheid en selfondersoek is met self-assessering op 'n vyf-punt skaal van 'n vraelys bepaal. Data was geanaliseer met beskrywende statistieke en nie-parametriese tegnieke. Spesifieke hipoteses was getoets om te identifiseer of daar statistiese-betekenisvolle verskille tussen twee of meer kategorieë van verpleegkundiges bestaan. Resulte dui op 'n algemene ongevoeligheid en lae bewustheidsvlak en refleksie van verpleegkundiges en versorgers ten opsigte van die pasiënte se emosionele behoeftes. Geen statistiese-betekenisvolle verskille is tussen die persepsies van die verskillende groepe in die navorsing gevind nie. Daar is 'n behoefte aan self-gewaarwording en voortdurende opleiding in interpersoonlike vaardighede en ondersteuning aan verpleegkundiges en versorgers. 'n Groot persentasie van die deelnemers was jonger as 40 jaar, sub-professioneel, met minder as 10 jaar ondervinding as verpleegkundiges. Private algemene hospitale moet dus alle verpleegkundiges en versorgers toerus met die nodige vaardighede om 'n terapeutiese verhouding te fasiliteer om al hulle pasiente se fisiese en emosionele behoeftes te verstaan.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons