SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.38 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Literator (Potchefstroom. Online)

    versão On-line ISSN 2219-8237versão impressa ISSN 0258-2279

    Resumo

    DITSELE, Thabo. Toetsing van bekende veranderlikes aangaande die houdings wat deur Setswana T1-sprekende universiteitstudente gehuldig word ten opsigte van hul T1. Literator [online]. 2017, vol.38, n.1, pp.1-15. ISSN 2219-8237.  https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1301.

    Vorige taalhoudingstudies onder openbare universiteitstudente in Suid-Afrika, het getoon dat hierdie vyf veranderlikes: geslag; ouderdomsgroep; studiejaar; vlak van studie; en studieveld, studente se houdings teenoor tale beïnvloed. Dus was die doel van hierdie opname om te bepaal of die toetsing van hierdie veranderlikes op Setswana T1-sprekende universiteitstudente (n = 247), vorige studies sal bevestig, aangesien dit die eerste studie is wat uitsluitlik data insamel onder Setswana T1-sprekende universiteitstudente by vyf universiteite (beide openbare en privaat) in Tshwane en Johannesburg, tot doktorale vlak. Nog nooit vantevore is data ingesamel onder studente by private universiteite in Suid-Afrika nie. Hierdie gaping het veralgemenings in vorige opnames ten opsigte van alle universiteitstudente verswak. Gemengde metodes is gebruik om data, wat geanaliseer is met behulp van gemiddeldes, chi-kwadraattoets en persentasies, in te samel. Die vyf veranderlikes is getoets vir statistiese betekenisvolheid in die beïnvloeding van taalhoudings. Alles behalwe een veranderlike (geslag) het statisties-beduidende verhoudinge (p ≤ 0.05) gehad met ten minste een van die geslote-einde vrae. Oor die algemeen, het die respondente hulle T1 waardeer en dit relevant geag in hul lewens en die samelewing waarin hulle woon.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )