SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

BERGENHOLTZ, Henning  e  GOUWS, Rufus H.. Poliseemseleksie, lemmaseleksie en artikelseleksie. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.107-131. ISSN 2224-0039.

In die taalkunde en meer spesifiek die leksikale semantiek het polisemie en homonimie reeds heelwat aandag gekry. Die vasstelling van asook onderskeid tussen polisemie en homonimie is nie onproblematies nie. In die leksikografiese praktyk is daar tradisionele maniere waarop polisemie en homonimie aangebied en bewerk word. Hierdie artikel wys op benaderings in sowel die taalkunde as die leksikografie tot homonimie en polisemie. Voorbeelde uit die leksikografiese praktyk word aangebied. Daarna toon hierdie artikel aan dat die tradisionele aanbieding en bewerking van polisemie en homonimie in woordeboeke met teksbegrip as funksie nie werklik die teikengebruiker help in sy/haar soektog na die verklaring van betekenis van 'n onbekende leksikale item nie. Daar word aangetoon dat verskillende woordeboeke dikwels dieselfde lemmakeuse het maar nie dieselfde poliseeemkeuse nie. Dit is belangrik dat 'n woordeboek die korrekte koördinasie van 'n uitdrukking en sy betekenis moet bied. Gevolglik word 'n nuwe benadering in hierdie artikel voorgestel. Na aanleiding van kritiek uit sowel die taalkunde as die leksikografie word voorgestel dat daar in die leksikografiese praktyk, in die geval van woordeboeke vir teksbegrip, afstand gedoen word van die tradisionele onderskeid tussen verskillende homonieme asook van die aanbieding van verskillende polisemiese waardes van 'n woord in een artikel. Elke betekeniswaarde, hetsy die enigste betekenis van 'n uitdrukking hetsy 'n polisemiese waarde, moet die enigste aanduider van betekenis in 'n artikel wees. Daar word geargumenteer ten gunste van 'n fokus op artikelkeuse met lemmakeuse en poliseemkeuse as onderafdelings.

Palavras-chave : artikelkeuse; betekenis; homonimie; leksikografie; lemmakeuse; poliseemkeuse; polisemie; taalkunde; teksbegrip; teksproduksie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons