SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    MILLER, Julia; KWARY, Deny A.  e  SETIAWAN, Ardian W.. Koalas, kiwi's en kangaroes: Die uitdagings in die skep van 'n aanlyn Australiese kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n addisionele taal. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.310-345. ISSN 2224-0039.

    In hierdie artikel word verslag gedoen oor 'n aanlyn kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n Addisionele Taal (EAT) in Australië. Potensiële gebruikers wat Engels vir akademiese doeleindes in 'n Australiese universiteitstoelatingsprogram studeer, het die inligting vir elke fase in die skep van die woordeboek verskaf. Daar is oorweging geskenk aan die behoefte aan so 'n woordeboek; terme wat ingesluit moet word; inligting wat benodig word vir elke inskrywing (insluitend oudio- en visuele materiaal); die gebruik van 'n beperkte definiëringswoordeskat; voorbeeldsinne; notas oor die gebruik van elke term; en die evaluering van gebruikersterugvoer nadat die woordeboek aanlyn verskyn het. Data verkry uit die vraelyste dui daarop dat gebruikers spesifiek waarde heg aan die gebruikersvriendelikheid, voorbeeldsinne, en spesifiek Australiese inhoud (insluitend uitspraak gegee in 'n Australiese aksent). Daar word voorgestel dat meer inskrywings bygevoeg word, en dat kulturele woordeboeke geskep word vir ander variëteite van Engels, sowel as vir ander tale.

    Palavras-chave : australies; kultuur; woordeboek; engels as addisionele taal; aanleerderswoordeboek; aanlyn.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )