SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

PRINSLOO, D.J.; BOTHMA, Theo J.D.; HEID, Ulrich  e  PRINSLOO, Daniel J.. Direkte gebruiksleiding in e-woordeboeke vir teksproduksie en teksresepsie - die werkwoordrelatief in Sepedi as gevallestudie. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.403-426. ISSN 2224-0039.

Hierdie artikel stel 'n prototipe van 'n skryf- en (leer)hulpmiddel bekend vir werkwoordrelatiewe konstruksies in die Afrikataal Sepedi, wat vanuit 'n woordeboek of 'n woordverwerker toeganklik is. Dit dien as voorbeeld van hoe 'n gebruikershulpmiddel vir ingewikkelde grammatikale strukture in 'n hulpbronbeperkte taal saamgestel kan word. Ons beskryf 'n dinamiese liggewig hulpmiddel wat gemik is op die kombinering van gebruikerskennis met teksproduksie-ondersteuning, dit wil sê, gebruikersbetrokkenheid by interaktiewe teksproduksie van die ingewikkelde werkwoordrelatiewe in Sepedi. In hierdie artikel is die fokus op toegang tydens 'n woordeboekgebruiksituasie. Hoewel die werktuig bedoel is as 'n skryfhulpmiddel om gebruikers in die produksie van teks te ondersteun, voldoen dit ook aan teksresepsie- en kognitiewe behoeftes. Die fokus is egter op die oplossing van teksproduksiekwessies wat verband hou met die interaksie tussen leksikale items en komplekse grammatikale strukture in die Afrikatale asook op die aanleer van taal deur gebruikers en/of die opleiding van gebruikers in hierdie interaksie.

Palavras-chave : skryfhulpmiddels; gebruikersleiding; gebruikersondersteuning; teksproduksie; e-woordeboeke; afrikatale; sepedi; komplekse grammatikale strukture; relatiefkonstruksie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons