SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

SITHOLE, Emmanuel  e  NKOMO, Dion. Verlöre en gevind: Die waarde van 'n taamlik onbekende tweetalige woordeboek rakende die intellektualisering van Ndau. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.478-493. ISSN 2224-0039.

In hierdie artikel word die ChiNdau-English and English-ChiNdau Vocabulary: With Grammatical Notes, 'n tweetalige woordeboek wat in 1915 deur die American Board Mission se Rhodesiese tak gepubliseer is, krities beoordeel ten einde die toepaslikheid daarvan vir gebruik as 'n vertrekpunt vir die moderne Ndau-leksikografie te bepaal. Meer as 'n eeu ná die publikasie daarvan is dit steeds die enigste woordeboek in die taal. Die taal is vir ongeveer 'n honderd jaar behandel as 'n dialek van Shona totdat dit in 2013 in die Grondwet van Zimbabwe as een van die land se sestien amptelik erkende tale verklaar is. Hierdie belangrike gebeurtenis vereis praktiese werk ten einde Ndau in 'n volledige en geïntellektualiseerde taal te omskep. Leksikografie is een van die deurslaggewende intellektuele ondernemings wat hiertoe kan bydra. Dit is dus die betoog van hierdie artikel dat die bestaande woordeboek beskou word as 'n onmisbare uitgangspunt vir toekomstige leksikografiese werk in Ndau. 'n Ontleding van verskeie aspekte van die woordeboek toon dat hierdie woordeboek ten spyte van sommige beperkings inderdaad daarin geslaag het om sekere standaarde te stel wat in huidige en toekomstige leksikografiese werke in hierdie minder gedokumenteerde taal ingesluit kan word.

Palavras-chave : woordeboeke; sendingleksikografie; chindau; chindauwoordeskat; ndau; ndau-leksikografie; ndau-ortografie; taalintellektualisering; gemarginaliseerde tale; amptelik erkende tale; zimbabwiese leksikografie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons