SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Lexikos

versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904

Resumo

MARGALITADZE, Tinatin. Nog eens waarom leksikografie 'n wetenskap is. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.245-261. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1464.

In hierdie artikel word 'n paar kwessies met betrekking tot die vakstatus van leksikografie aangespreek. Gebaseer op die sienings van vakkundiges soos L. Zgusta, R. Ilson, H. Wiegand, R. Gouws, H. Bergenholtz, S. Tarp, R. Lew en ander, argumenteer die outeur ten gunste van die siening dat die leksikografie 'n wetenskap is en dat die samestelling van 'n woordeboek 'n wetenskaplike aktiwiteit is. Die hoof-kwessies wat in hierdie artikel aangespreek word, sluit die komplekse aard van woordbetekenis, die rol van woordeboeke in die beskrywing van woordbetekenis en die ontwikkeling van die leksikale semantiek in. Daar word ook aandag geskenk aan die definisiële studiemetode van woord-betekenis, wat gebaseer is op die ontleding van woordeboekdefinisies, komponente van die leksi-kografieteorie, die verband tussen die leksikografiese teorie en -praktyk, en die onderrig van die leksikografie as 'n akademiese dissipline by universiteite. Die outeur argumenteer dat die korrekte benadering tot die leksikografie en die vakstatus daarvan besonder belangrik in hierdie era van globalisering is. Slegs die heel nuutste leksikogra-fiese en korpushulpbronne sal die toekoms van baie tale, spesifiek minder gebruikte tale, verseker, en voor hierdie hulpbronne geskep kan word, moet die leksikografie behoorlike erkenning as 'n wetenskap met "('n) groot interdissiplinêre taak" (Tarp 2017) geniet; moet gevorderde leksikogra-fieteorie in 'n akademiese vakrigting verander word, moet leksikografie aan universiteite onderrig word, ens.

Palavras-chave : vakstatus van leksikografie; betekenis van woorde; kom-ponensiële betekenisanalise; definisiële analisemetode; oed; leksikogra-fieteorie; leksikografiese praktyk; die onderrig van leksikografie; akade-miese dissipline; ma in leksikografie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons