Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Lexikos
versão On-line ISSN 2224-0039
versão impressa ISSN 1684-4904
Resumo
NEL OTTO, Anna e BLUME, Jadé. Die behandeling van die funksie dekodering in verskillende tipes woordeboeke. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.125-150. ISSN 2224-0039. http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1515.
Woordeboeke word veral geraadpleeg ter wille van die funksie dekodering. Hierdie artikel verskaf 'n sistematiese beskrywing van die invloed wat die funksie dekodering op die woordeboekstrukture en datatipes in verskillende woordeboektipes het. Tydens hierdie bespre-king word veral aandag gegee aan strukture wat in sowel gedrukte as aanlyn woordeboeke voorkom. Alhoewel die belangrikste datatipe vir dekodering betekenisverklarings/vertalings in meertalige woordeboeke is, fokus hierdie artikel veral op die rol van datatipes soos uitspraakleiding, kolloka-sies, etikette, voorbeelde en etimologiese leiding. In gedrukte woordeboeke is daar 'n groot ooreenkoms ten opsigte van raamstruktuur (minstens sentrale woordelys en gebruikersleiding), dataversprei-dingstruktuur en toegangstruktuur, terwyl verskille veral op die vlak van die makrostruktuur (meer of minder lemmas, verskillende ordenings) en mikrostruktuur (aanduidertipes en hoeveel-heid data ten opsigte hiervan) voorkom.
Palavras-chave : dekodering; woordeboektipes; woordeboekstruktuur; woordeboekfunksie; omvattende woordeboek; standaardwoordeboek; beperkte woordeboek; aanleerderwoordeboek; woordeboek vir spesiale doeleindes; tweetalige woordeboek.